Sale!

Swanevlug

R65.00R160.00 incl. VAT

SKU: N/A Categories: , Tags: , ,

Description

Swanevlug: ’n Weeshuis is tog ’n veilige hawe, so glo ons. Maar onder die dekmantel van normaliteit broei daar duiwelsdinge. Jong meisies verdwyn, sogenaamd aangeneem deur oorsese ouers. Intussen geniet hoë amptenare die ‘genot’ van meisies wat blootgestel word aan hulle drange.

Swanevlug is die verhaal van Helga wat uit hierdie lot moet ontvlug deur ’n slinkse plan te beraam om vir Jaap aan die pen te laat ry. Gaan haar plan slaag en waar pas Hugo du Randt in?

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub

1 review for Swanevlug

  1. admin

    Die skrywer, Schönrad Stander, verras met hierdie roman wat ietwat anders is as die gewone romantiese verhale.

    SWANEVLUG is die verhaal van Helga wat in ‘n kinderhuis groot word. Tog is daar sinistere dinge aan die broei. Jong meisies word aangeneem deur oorsese ouers en sogenaamde hoë amptenare geniet die ‘genot’ van meisies wat deur die hoof van die weeshuis voorsien word. Helga besef die benardheid van haar situasie. Sy sal egter ‘n plan moet beraam om te ontsnap en een van die gereelde besoekers, Jaap, aan die pen te laat ry.
    Attie en Rose woon ook op die perseel. Wanneer Helga aan hulle vertel wat aangaan, besluit Attie om hulp in te roep.
    Wie is Hugo du Randt en waar pas hy in die prentjie? Gaan Helga se plan slaag om Jaap te ontmasker?

    Schönrad neem die leser op ‘n verrasende leeservaring. Swanevlug is ‘n boeiende verhaal met treffende en geloofwaardige karakters. Die verhaal het ‘n sterk stylvorm en verteltrant – dit trek jou binne-in elke intrige. Met fyn sinspeling en verdagmakery, skep die skrywer ‘n goeie balans om geloofwaardigheid aan die verhaal te gee en spanning op te bou. Die taalgebruik is goed en die aksie en storielyn volg teen ‘n stewige pas. Sy behou hierdeur die leser se aandag, skep goeie tweestryd en die ontknoping het ‘n verrassende slot.

    Mag hierdie verslag ‘n uitnodiging wees aan alle lesers van romanse om hierdie boek met vertroue aan te skaf.

    Annalize Hills – Onafhanklike Resensent van Afrikaanse Boeke
    FACEBOOK: https://www.facebook.com/groups/155643073130251

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.