Rooi papawers

R45.00R145.00 incl. VAT

‘n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Die skrywer vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees.

Description

Drie gedempte skote. Sy val vorentoe oor die ruglening van die stoel. Haar hare glip elegant na vore, haar arms slap. Drie koeëlwonde. Drie rooi papawers.

Ses raaiselagtige moorde wat deur Erwee, Gert en Karla opgelos moet word, terwyl dit die leser boei met interessante en onvoorspelbare wendings.

‘n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Die skrywer vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees.

Additional information

Formaat

eBoek PDF, Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub

1 review for Rooi papawers

  1. admin

    Drie gedempte skote – Drie koeëlwonde
    Sy val vorentoe oor die ruglening van die stoel. Haar hare glip elegant na vore, haar arms slap. Drie Rooi Papawers bedek die koeëlwonde.

    Karla en haar twee kollegas, Erwee en Gert, moet ses raaiselagtige moorde ondersoek. Die modus operandi van die moordenaar is elke keer dieselfde – drie Rooi Papawers word by elke lyk geplaas. Wanneer die laaste slagoffer lewend gevind word, moet die drie kollegas vinnig planne beraam om die moordenaar te vind en ter selfde tyd die slagoffer beskerm. Wat gaan Karla en haar kollegas oopkrap?
    Nico boei die leser met hierdie boek. Dit is ‘n onheilspellende moordverhaal wat tergende vrae ontlok. Hy kry dit reg om die leser kriewelrig te laat voel en smokkel met jou emosies. Die behendige wyse waarop hy die teks rangeer getuig van gesaghebbendheid. Rooi Papawers is ‘n verhaal wat hom leen tot ‘n vinnige tempo met die een aksiebelaaide oomblik na die volgende. Die skrywer daag die leser uit om veel dieper as die oppervlak te kyk en tussen die lyne te lees. Die emosionele spanningslyn is geslaagd en die ontknoping het ‘n ekstra inpak.
    Dit is ‘n uitstekende verhaal en vir die uitsoekerige leser is hierdie alternatiewe boek net die antwoord.

    Annalize Hills – Onafhanklike Resensent van Afrikaanse Boeke
    FACEBOOK: https://www.facebook.com/groups/155643073130251
    KONTAK: hillsannalize@gmail.com

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.