Sale!

Petronella, koningin van die Karoo

R65.00R150.00 incl. VAT

RESENSENT: Annalize Hills

Petronella is ‘n kind van die veld, in besonder die Karoo. Sy ken van aalwyntap en doen alles op die klein plasie, waar sy en Ma Kietie woon. Hulle verkoop aalwynsap en varsgebakte brode om liggaam en siel bymekaar te hou. Petronella is ‘n dromer en weet dat ‘n sprinkaan net vorentoe kan spring, want Janneman sê so. Gaan daar vir hulle uitkoms kom?

Ons maak ook kennis met Selma en Henk, die bure. Selma is Petronella en Kietie nie goedgesind nie. Wat gaan Henk doen wanneer hy uitvind hoe slinks Selma werklik is?

Nico het ‘n verrassende aanslag in hierdie verhaal. Sy beskrywing van die Karoo en die verskillende karakters is fenomenaal. Hy beeld met deernis die lewe van die Karoobewoners uit. Daar is heelwat kinkels en geheime in hierdie verhaal, en Nico slaag daarin om die ontknoping op ‘n meesterlike wyse te ontplooi. Die storielyn is boeiend en hou die leser enduit aan die raai. Die taalgebruik is baie goed en dit maak dit lekker om die boek te lees.

Dit was vir my ‘n plesier om hierdie boek te lees, en sal dit aanbeveel vir almal wat van iets anders hou as die alledaagse. – Annalize Hills

Description

Petronella, koningin van die Karoo: Op twee plase in die Karoo rus ʼn berg met die lyf van ʼn dier en ʼn kop van ʼn roofvoël. Daar maak die kransaasvoëls nes. Op daardie berg lê die spore van onvrede en onmenslikheid, skandes en klug – en daardie spore loop net na een plek …

Maar duskant lê die berg voor Petronella, kind van Kietie, uitgestrek − ʼn spekvet lyf bedek met kriebos en die bitteraalwyn. Hier lê spore van verlange, hoop en geheime – heiligheid in sy binneste.

En tussenin is die grensdraad tussen haat en verbitterheid, die eenvoud van liefde en ʼn jongmeisie se fantasiebeelde.

Almal wonder wat Selma Loots bloots ry en of Braam deel is van haar beproewing. Almal gis wie se kind is Petronella, maar vir háár is Janneman se terugkoms die oplossing van alles.

Additional information

Formaat

eBoek E-Pub, eBoek PDF, Sagteband, eBoek Mobi

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.