Description
Met STAP SAAM NA DIE EWIGHEID neem Anita Lemmer die lesers op ’n besonderse reis deur God se Woord wat in Genesis begin en in Openbaring eindig. Sy wys aan hulle die Skeppergod se volmaakte liefde en genade wat gemaak het dat Hy sy perfekte Heilsplan – om die gevalle mens ná die sondeval weer tot ’n intieme verhouding met Hom te herstel – tot uitvoer gebring het deur sy geliefde Seun, Jesus Christus, se kruisdood. Jesus het die Wet en die Ou Verbond vervul en tree nou as Ewige Hoëpriester vir God se kinders in die Hemel in. Selfondersoekvrae aan die einde van elke hoofstuk moedig nadenke en ’n dieper verhouding met God aan.






