‘n Blom uit Pole

R120.00R220.00 incl. VAT

Description

‘n Blom uit Pole: Wat sou sy dink? Hoe het sy gevoel? Het sy geweet dat alles tevergeefs was? Was daar hoop om eendag weer, miskien gou, die geleentheid te hê om in die lente tussen die rooi papawers in die veld naby haar dorpie te gaan speel?

Czeslawa. Die uitdrukking op die gesig van hierdie Poolse meisie op drie foto’s sê alles wat verkeerd is in ʼn wêreld waar wreedaards toegelaat is om te heers. Net soos blomknoppies, is baie kinders se ontluikende jeug koelbloedig in Auschwitz vertrap lank voordat hulle in hul menswees tot wasdom kon blom.

Czeslawa. Net veertien jaar oud, maar reeds vasgevang en wreed blootgestel aan die barbaarsheid van die oorlog en die sadisme in die Nazi konsentrasiekamp.

Czeslawa. Al wat oorgebly het, is drie foto’s wat in die doodskamp van haar geneem is.

Die verhaal van hierdie eens vrolike, vrye dogtertjie is met groot respek en uiterste eerbied geskryf om hulde te bring aan haar en die miljoene ander kinders wat aan die hand van die Duitsers gesterf het.

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub

1 review for ‘n Blom uit Pole

  1. admin

    Blom uit Pole is ‘n buitengewone verhaal en uitstekend geskryf deur Louis Rautenbach.
    Die skrywer neem die leser op ‘n ware verhaal wat met fiksie aangevul is om die drome en vrese van duisende jong kinders uit te lig.
    Hierdie verhaal is verfrissend anders omdat dit fyn geweef word met geskiedkundige feite, terwyl dit ‘n onuitwisbare indruk maak. Die skrywer beeld met agting en deernis die verhaal van die veertienjarige Poolse meisie Czeslawa Kwoka en haar moeder Katarzyna, uit. Hulle woon in die Poolse dorpie Wolka Zlojecka. Dié twee het ‘n besonderse hegte band. Wanneer golfspoelende gerugte van die oorlog hulle bereik, besef Katarzyna in watter groot gevaar hulle verkeer.
    Czeslawa is maar net ‘n sorgvrye dogter met mooi drome. Met die gevangeneming van hierdie jong meisie word sy blootgestel aan barbaarse wreedheid en sadisme van die Nazi Uitwissingskamp. Al herinnering wat daar is van haar, is drie foto’s. Deur hierdie foto’s word sy die simbool van die verskrikking waardeur kinders vermoor is.
    Rautenbach onthul die afskuwelikheid van die oorlog. Net soos ‘n blomknoppie het Czeslawa se ontluikende en sorgvrye lewe begin en wat koelbloedig, in haar eie land Pole, aan die hand van wreedaards afgepluk is voordat haar vrouwees tot wasdom kon kom.
    Die wreedhede wat die Nazi’s op onskuldige mense toegepas het, is hartverskeurend. Rautenbach bied die leser ʼn in diepte ervaring van die emosionele, maar ook oor die waarheid van hierdie onbesonne tydperk. Ek het Louis se skryfstyl indrukwekkend en boeiend gevind.
    Beslis ʼn interessante en treffer boek wat sonder twyfel, en sonder om te oordrewe, bydra tot die wêreld se geskiedenis.
    A.Hills, lesersindruk

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.