Hartswater

R230.00 incl. VAT

Description

HARTSWATER – die rou van onthou

Wanneer verlies aan jou deur klop, wanneer ongenaakbare hande kosbare geliefdes wreed uit jou lewe ruk – waar bevind jy jouself? Is daar werklik ’n tyd van rou vir hulle wat agterbly?

Die plaasaanval en brutale moord van  Dan (83), Breggie (73) en Elzabie Brand (54), het Suid-Afrikaners in 2020 geruk. Die voortslepende hofsaak teen die beskuldigdes is deur almal gevolg. Die barbaarse, onmenslike en koelbloedige moorde is tot in die fynste besonderheid beskryf. Met elke hofsitting moes familie weereens die traumatiese gebeure ervaar en die beskuldigdes van aangesig sien.

Die opspraakwekkende feite en details, nie bekend aan die publiek nie, word in detail neergepen. In hierdie boek dra Heidie Taljaard, een van die dogters van Dan en Breggie en suster van Elzabie haar emosies oor, die wreedheid en ontnugtering, die onvergeetlike en onvergeeflike.

Is vergifnis enigsins ’n opsie? Uit hierdie moord is daar meer as net die drie onskuldige slagoffers. Nabye familie, hulle wat agterbly word ook slagoffers.

Hoe verwerk jy hierdie brutaliteit en vind jy enigsins berusting?

Waar vind jy antwoorde op vrae oor waarom húlle? Waarom óns? Het ons iets verkeerd gedoen en word ons ge-straf?

Vyf jaar na hierdie grusame plaasaanval loop Heidie steeds die kronkelpad na  Hartswater – die rou van onthou.

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi