Ek mis my kind

R100.00 incl. VAT

Description

EK MIS MY KIND: Vir Stanley Cierenberg is dit ’n besondere eer om sy broer, Elroy, se biografie te verwoord. Elroy is 52 jaar oud, van skooltyd af die voorbeeldige een; onderhoofseun en kaptein van die Cravenweek-rugbyspan.

Hy het die rang van kaptein in die SAPS beklee en daarna sy eie sekuriteitsbesigheid begin.  Elroy is lief vir die aarde, boerdery, diere en vir sy familie.  Sy dogters is sy hele lewe. Die oudste twee is reeds volwasse.

Tans is hy in die gevangenis met ’n 10-jaar vonnis. Stanley het dit sy taak gemaak om hierdie boek te skryf oor sy broer se uitdagings wat hy elke dag in die gesig moet staar. Een van die grootste uitdagings is die verlange na sy jongste dogtertjie wat, na aanvanklike gereelde kuiers, stadig uit sy lewe verdwyn het.

Ek mis my kind is nie Stanley se bekende digkuns nie, maar uit die skryfstyl is sy digterlike aanvoeling duidelik sigbaar. Dit is nie-fikise, ware gebeure – kenmerkend aan ’n biografie.

Die boek gevat ook sketse deur sy dogtertjie geteken en hierdie sketse speel ’n  belangrike rol in die ontwikkeling van die verhaal – dit word deel van ’n eensame mens.

Cierenberg gebruik beelde, drome en denkbeeldige dialoog om die rou emosies tot realiteit te bring.

Mens besef skielik die belangrik besoeke vir hierdie gevangenisse is, hoe belangrik dit is om steeds deel van hulle eie vlees en bloed te wees, al is hulle oortreders van die wet. Maak nie saak waar jy jou bevind nie, jou siel en omgee, naasteliefde en familiebande bly steeds deel van jou – dalk meer as ooit.

Ek mis my kind bestaan uit ongeveer 40 bladsye, maar as inleidingsboek tot ’n opvolgreeks, is hierdie beslis ’n aptytwekker. Boweal is dit ’n versamelstuk wat in kleur gedruk is en vorm deel van die toekomstige reeks.

ADVERTENSIE BLAD: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/

Additional information

Formaat

eBoek Mobi, eBoek E-Pub, Sagteband