Description
MASSAMOORD op Kaapsche Hoop: Hugo hou sy hand in die lug. “Wag jy ook eers in die eetsaal. Ek gaan net gou die situasie bekyk. Ek kan nie toelaat dat hierdie ʼn sirkus word nie.”
“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?
Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo. Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?
MASSAMOORD (Addisionele inligting): Irma Mulder – die hoofkarakter in Maria Prinsloo se vorige boek Bloedspoor – en nog ’n paar geëerde skrywers groepeer by ’n luukse lodge op Kaapschehoop om mee te ding vir ’n gesogte prys. Maar die noodlot loer en een vir een sterf feitlik almal op misterieuse wyse. Irma beywer haar om die moordenaar te ontmasker, maar word self verdink deur Hugo van Zyl, haar sogenaamde speurdervriend. ’n Spannende verhaal met ’n onverwagte, maar bevredigende slot.
BLOEDSPOOR (bestel hier): https://nskrywershuis.co.za/product/bloedspoor/