Description
Die Prinses in die glaskas: Prinses Tienkie is 'n skattige klein meisietjie wie se lag mens herinner aan die gelui van klokkies. Maar wat gebeur as Prinses Tienkie skielik siek word? Hoe gebeur dit dat sy in 'n glaskas beland? Kom lees saam oor die manewales van Prinses Tienkie en ontmoet die Goeie Fee en Kallie Kabouter.