Wraak se angel – trilogie 2

R80.00R130.00

Na ’n vlugtog oor land en see in Tulpe vir Talina (boek 1), is daar vrede op die plaas waar die tulpe blom.

Die vlugtog het egter ’n bloedspoor agtergelaat. ’n Man wat sy seun se dood wil wreek, is op Chris Rossouw se spoor. Maar Chris is skoonveld.
Hierdie novelle handel oor wraak aangevuur deur haat – geregverdig of nie.
Maar wraak kan soms ’n angel hê …

SKU: NS0003 Categories: , , , , Tag:

Description

Na ’n vlugtog oor land en see in Tulpe vir Talina (boek 1), is daar vrede op die plaas waar die tulpe blom.

Die vlugtog het egter ’n bloedspoor agtergelaat. ’n Man wat sy seun se dood wil wreek, is op Chris Rossouw se spoor. Maar Chris is skoonveld.
Hierdie novelle handel oor wraak aangevuur deur haat – geregverdig of nie.
Maar wraak kan soms ’n angel hê …

2 reviews for Wraak se angel – trilogie 2

  1. admin

    WRAAK – Boekeverslag deur Gerhard Venter

    “Carlos Antonio is ‘n man met mag in Angola. Jy kan sê met mag oor lewe en dood. Maar hy kan nie sy seun terugbring uit die dood nie. Al wat oorbly is wraak.

    En so word die toneel opgestel vir hierdie naelbyter van ’n boek, die opvolg op Bets Koen se vorige treffer, Tulpe vir Talina.

    Antonio en sy handlangers jag vir Talina oor die lengte en breedte van die aarde om vir Jaco Rossouw in die hande te kry. Jaco is die seun van Chris Rossouw, die man wat sy seun vermoor het. ’n Seun vir ’n seun? Antonio is verblind deur sy haat – so verblind dat hy nie die angel van sy wraak sien kom nie …

    Wat ’n lekker storie! Vinnige pas, kinkels en verrassings, alles wat jy van ’n aksieverhaal wil hê.

    En moenie van Talina se hart vergeet nie.

    Ek beveel Bets Koen se nuwe boek van harte aan.”

  2. admin

    RESENSIE: Wraak se Angel – Bets Koen

    Wraak se Angel, is die opvolg op Bets Koen se vorige boek, Tulpe vir Talina. Weereens ʼn boek wat nie kortskiet aan aksie en intrige nie. Juis op die eerste bladsy speel die skrywer oop kaarte met die leser:
    “Ons het wel vir Talina opgespoor,” kom dit kordaat van die kort, mollige Pedro. “Sy is nog in Nederland.”
    “Nou vir wat staan julle nog hier? As ons haar het, sal ons daai laaitie van Rossouw kry en dan sommer vir hom ook. Loop, bespreek plek op die eerste vliegtuig en gaan kry haar!”
    Hierdeur vang sy die leser se aandag en mens raak dadelik bewus dat daar groot aksie op pad is.

    Bets maak gebruik van goeie dialoog om die verskeie karaktereienskappe en emosies na vore te bring. Wat ook bydra tot die egtheid van die verhaal, is die interessante name van die verskeie karakters wat inpas in die milieu van die verhaal. Haar beskrywing van gesiguitdrukkings en handelinge, help vorm aan die perfekte prent in die leser se geestesoog. Die verhaal verloop so vlot dat ʼn mens wil aanhou lees, geboei deur al die gebeure – tot jy jou aan die einde bevind met dié gedagte: jy hoop op ʼn volgende opvolg!

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.