Die ontwerper se dogter

R180.00 incl. VAT

Description

DIE ONTWERPER SE DOGTER

Eendracht se twee opstalle lê aan die voet van die berg tussen Worcester en Wolseley. ‘n Meisie met die naam Oda, daag op en versteur die ritme van die ganse Steenkamp-familie sodat selfs die plaaswerkers aanvoel hoe spoke van die kerkhof se kant af begin loop.

Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.

Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.

Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaam-heid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.

Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevreette houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.

Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub