Description
As ‘n beskeie bydrae tot die Afrikaans 100 Feesjaar, is ’n Afrikaanse kortverhaal kompetisie vir die inwoners van die Oude Westhof Aftreeoord en ouer persone uit die omgewing geloods. Die resultaat is 23 kortverhale deur 5 skrywers. Die verhale is uiteenlopend van aard: komies, diep ernstig, geskiedkundig, futuristies, verrassend, ekstaties, geheimsinnig, dalk effe ontstellend, nostalgies of gevul met belofte en liefdevol. Ons hoop dit sal ander inspireer. Om te skryf is benewens die genot inherent aan die skeppende taak ook terapeuties. Ons het elkeen ʼn storie om te vertel, al word dit nooit gepubliseer nie.
Die meisie met die pêreloorbel is saamgestel deur Macolm de Roubaix. Ons hoop u geniet wat u lees. Sy epos adres is malcolmderoubaix@gmail.com; ons sal u terugvoer waardeer.






