Description
AGTER MY MASKER
Ek was net tien toe my lewe onherroeplik verander het. Wat volg is nie net my verhaal nie, dit is my waarheid.
’n Dekade gevul met geheime, verlies en oorlewing op plekke waar ek dit die minste verwag het.
Ek het mense lief gehad wat my gebreek het. Ek het probeer ontsnap, maar sommige dinge volg jou, selfs in stilte. Hierdie dagboek is my stem en my bewys dat ek nog hier is.
Nie alles wat mooi lyk, is veilig nie. Maar iewers tussen die pyn en die stilte het ek geleer dat selfs ’n stukkende hart kan weer klop.
My waarheid, ’n reis deur donkerte, liefde en die onverwagte krag om aan te hou leef.
Hierdie inspirerende boek sal byval vind by vroue wat soms julself moedverlore vind, wat ongelief beleef en opsoek is na motivering soek in iemand anders se ware omstandighede. Jy is nie alleen nie.






