Canvas it – storie van hoop

R70.00 incl. VAT

Description

CANVAS IT: Hy het die hoop van die ewige lewe gekies en die hoop wat hy steeds gehad het vir sy droombesigheid, oorgegee aan die wat agter gebly het. Sy hoop was dat dit deur hulle sou bly voortbestaan en voortleef. Maar die grootste hoop wat hy gehad het, was dat sy dood 'n groter getuienis vir die Koninkryk sou beteken as sy lewe hier op aarde.

My hoop as sy ma is dat ek deur die skryf van my deel van die verhaal, 'n bydrae sal maak tot die vervulling van sy hoop vir die Koninkryk. My hoop is ook dat my verhaal mense se lewens sal verander tot voordeel van God se Koninkryk. My hoop is dat elkeen wat hom geken het en met hom besigheid gedoen het, bewus sal word van die feit dat daar ALTYD hoop is, wat ook al die omstandigheid. My hoop is dat mense hul denke so sal verander en dit ten volle sal rig op die enigste HOOP wat saak maak. My hoop is om mense weer teen hooploosheid in te laat hoop.

Additional information

Formaat

Sagteband

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.