Klawerjan

R90.00R160.00 incl. VAT

SKU: N/A Categories: , Tags: ,

Description

KLAWERJAN

Hoe maak mens oorlog, as jy hom nie gekies het nie? Jy pluk blomme, druk dit in die kanon se loop … en jy mik! Net soos die klassieke komponis, Chopin, se vredesnote oor eeue heen sou doen.

Vir die befaamde konsertpianis, Maryne Bronn, was die bekoorlike wêreld van sonates, overtures en simfonieë welbekend. Kruispad ook. Maar oorlog, nié.  Tot daardie onstuimige aand toe ‘n wildvreemde man haar drumpel betree, met die tyding van haar man se dood.

Daarna dryf die verraad uit haar binnekring haar tot ’n randfiguur. Van die radar af. Tot aan die voet van die skurwekoppe. Vasberade om agter die kap van haar man se dubbellewe en raaiseldood te kom, omseil sy haar menssku gasheer en betrek die gulhartige plaasvoorman by haar speurtog.

Maar vir die vreemde onderstrominge wat haar sou inwag in die donker voue van die skurwekoppe en tussen die koue klipmure van die huis op die rand van die vallei, kon sy haar beswaarlik voorberei. Nog minder vir die skokontdekking wat haar in die middernagtelike ure deur ’n dal van doodskaduwee sou dwing. Haar teisteraar op haar hakke.

Maar die waarheid ook. Want in die aangesig van onreg sal die waarheid altyd staan. Stil … En geduldig.

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub

1 review for Klawerjan

  1. admin

    Carina se Klawerjan het my verstom. Die ontwikkeling van haar storielyn, karakter uitbeelding en die skep van ruimtelikheid is uitstekend. Om van haar woord vaardigheid nie eers te praat nie. Sy gebruik vars woorde en voeg twee saam om ‘n nuwe woord te skep. Die opbouende spanningslyn laat jou angs beleef. Ek het gehuil oor die laaste paar bladsye. Dis so mooi.
    Ds Christo Woite

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.