Die geur van lemoene

R195.00 incl. VAT

Description

DIE GEUR VAN LEMOENE:

Danila Mouton en haar seuntjie keer terug na sewe jaar in Engeland.

Slegs deur epos onderhandeling, kry sy ’n pos as veearts by Dr. Emile Venter se praktyk volgens ‘haar ervaring met perde en haar nagraadse navorsing by Onderstepoort’. Sy vind eers later uit hy is ’n selferkende vrouehater. Hy haal gereeld sy frustrasies op haar uit want hy is verplig om saam met ‘n vrou te werk. Danila bly tandeknersend beskaafd, vrien-delik en hulpvaardig maar sal sy kan volhou?

Kan sy ook haar mislukte huwelik, erge spanning en haar vrese hier beveg?

Die ander personeel is ondersteunend, al die ‘pasiënte’ aanvaar haar sonder voorbehoud en Danila begin weer vryelik asemhaal. Sal hulle te midde van vele onderonsies, misverstande en moedswilligheid van Emile se kant nogtans die praktyk aan die gang hou?

En wat van die vrees wat kort-kort kop uitsteek? Is sy veilig in Suid-Afrika?

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi