Die waarheid lê in niemandsland

R170.00 incl. VAT

Description

Toe die vyftienjarige Malie tydens die Anglo-Boereoorlog ‘n vloek oor ‘n Britse offisier uitspreek, het sy nie besef wat die gevolge daarvan kan wees nie. Terwyl die oorlog voortwoed, stel die Britse offisiere Lords Roberts en Kitchener, die verskroeideaardebeleid en konsentrasiekampe in. Malie en haar familie beleef dié verskrikking persoonlik.

Boonop teister die Engelse offisier op sy swewende perd Malie en haar geliefdes soos die onafwendbare noodlot. Die kwelvraag is: het die vloek wat sy uitgespreek het, omgeswaai en volg dit haar en haar nageslag vergeldend? Waar lê die waarheid?

Die verhaal is gegrond op ware vertellings van Maria Magdalena Johanna Grobler wat in 1952 op haar verjaarsdag vyftig jaar na die sluiting van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 op oudioband opgeneem is.

Die waarheid lê in niemandsland word beskou as ‘n kosbare fonds tot die Afrikana skatkis.

Additional information

Formaat

Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub