Description
BEMEESTER VEROUDERING!
Hierdie boek ondersoek suksesvolle veroudering, gedefinieer as die vermoë om aktief aan maatskaplike aktiwiteite deel te neem stelselmatig. Met verwysing na historiese insigte en ‘n wye verwysingsraamwerk, ondersoek dit die ontwikkeling van hedendaagse opvattings oor veroudering; die sosiologiese, sielkundige en fisiologiese prosesse van veroudering; ouderdomsverwante diskriminasie; finansiële aspekte van veroudering; die oënskynlike teenstrydigheid dat daar sowel welvaart as toenemende armoede in die verouderende bevolking is; onvanpaste seksuele uitdrukking by bejaardes; die idee van die Derde Leeftyd; en die strewe om die lewensduur van die mens te verleng. ‘n Deeglike literatuuroorsig, die skrywer se persoonlike ervaring as ouer persoon en as mediese dokter wat oor vyf dekades strek, en die skrywer se kennis van etiek het bygedra tot hierdie toeganklike en insiggewende teks wat op ‘n wye gehoor gemik is: enersyds gesondheidswerkers, versorgers, terapeute, etici en elke persoon wat ouer persone, professioneel en privaat, bystaan; andersyds elkeen wat worstel met die mees fundamentele bestaanskrisis, tewete veroudering. En dit is elkeen van ons.