Description
WOORDE YTIE DYNE: In dialekte van mense eie aan Suid-Afrika vertel die digter van die hemel se stoor, die Here se tuin, van genade en naasteliefde. Die sonsopkoms wanneer jy jou kop oor die rant lig en die donker na die anderkant toe druk. Dan vlug die nag na sy slaapplek. Die Here stort sy konfetti en seën so oor die aarde en jy kry sommer die reuk van die grond se parfuum.
Woorde ytie dyne is ’n versameling gedigte uit die pen van Pierre Erasmus.
Reviews
There are no reviews yet.