Description
SPLINTERWOORDE Die klompie lekkerlees kortverhale is gebaseer op skrywer se grootwordjare op sy geboortedorp. Die Overberg is en was nog altyd sy skuilte waar hy heen kon reis om sy kragte te hernu. In die bundel probeer hy ’n venster skets waardeur die leser die Overberg kan verken. Van die verhale neem jou op ’n reis deur die pragtige omgewing met mooi herinneringe oor sy lewe.
Tussendeur wissel hy die bundel af met verhale oor die pandemie en die impak wat dit op veral die mense van die Kaapse Vlakte gelaat het. Enkele moderne probleme soos klimaatsverandering word ook in sekere verhale belig. Die skrywer skroom nie om sy misnoeë oor die staat se hantering van die pandemie uit te lig nie.
Met die bundel, Splinterwoorde, ondersoek hy die skryfproses. Saam met dit alles leer ons ook iets van die misterieuse wat in sy werk aangetref word. Willemse delf ongestoord in die wêreld van die mistieke.
Alhoewel die plekke en name bekend klink, is die verhale en karakters fiktief.
Die skrywer nooi die leser uit om saam om die kombuistafel te kom sit, voor die brandende swart houtstoof en om van doerietyd se dinge te lees.
DIe verhale lees gemaklik en die storielyne verras die leser. Hierdie boek ontvang ook die Prima Goud stergradering.
BOEKBEKENDSTELLING: https://nskrywershuis.co.za/
admin –
‘n Lesersgenot en ‘n besonderse boek wat beslis die hatsnare roer. Karel Willemse se tussenin woorde, so eg uit sy mense, maak dit so eg deel van Suid-Afrika se storievertellings.