ViSNet werkswinkel vir eerste keer skrywers

Aan die stuur  Christa Kleynhans en Willem Fransman Jr.

ViSNet is gestig om diegene wat nog nooit geskryf het nie die geleentheid te bied om deur middel van verskeie werkswinkels hulself te verryk en buiten die vaardighede, ook selfvertroue te gee om hul stories te deel. 

 

ViSNet, in samewerking met KreaKon beywer hulself om nuwe skrywers op te lei.

Willem Fransman jr. (KreaKon) is ons fasiliteerder en het die werkswinkel oor 6 maande gelei om die skrywers op te lei. Elke sessie het ’n ander tema rondom die skryfproses.

 

Die eindresultaat word dan deur Ns. Skrywershuis gepubliseer, afhangende van kwaliteit. 

 

Ns. Skrywershuis in samewerking met ViSNet en KreaKon, beoog om nuwe, opkomende stemme die geleentheid te gee om gepubliseerd te word.

 

“Hierdie projek is só noodsaaklik. Daar is aspirant skrywers wat nie die selfvertroue het om te publiseer nie en goeie skryfwerk gaan verlore. Ons wil daardie selfvertroue opbou en ’n geleentheid skep om te publiseer,” vertel Nico Schamrel van Ns. Skrywershuis entoesiasties.

 

Sy wens is om hierdie skrywers se droom te bewaarheid, maar ook vir hulle die vreugde te laat ervaar om ’n boek vas te hou waarin hulle harde werk verskyn.

 

“Dit sal vir my soveel plesier verskaf,” vertel Nico en sê voorts: “Om drome te bewaarheid is maklik – jy gee ’n bietjie en ontvang soveel meer. Hierdie passievolle skrywers dra by tot Afrikaans op hulle manier en dit is vir my van uiters belangrik.”

Werkswinkels word eenmaal ’n maand in Parow aangebied by die New National Hotel teen ’n fooi van R200.00. Kontak Christa deur Whatsapp 079 861 8422 of via e-pos: kleynhans.1980@gmail.com