Ns. Skrywershuis bied jou die opsie om meeste boeke aan te koop in ePub-formaat (asook sagteband en Mobi). Jy ontvang ʼn skakel en laai die ePub formaat af. Om dit dan te lees, het jy ʼn toep nodig en ons help jou daarmee – dit is heeltemal gratis om af te laai.

Ons verstaan nie almal hoe hierdie konsep werk nie en wil julle stap-vir-stap help om hierdie toep af te laai en in te lig hoe dit werk. Dit is maklik, maar indien jy probleme ondervind kan julle my kontak – ek help graag.

STAP 1 – Klik op hierdie skakel: https://www.adobe.com/solutions/ebook/digital-editions.html?

(STAP 1 illustrasie)

STAP 2 – Klik op die hoof DOWNLOAD – ʼn nuwe bladsy open (STAP 1 illustrasie – sien rooi pyltjie)

– Klik op Download Digital Edition 4.5.11 Windows (8.24MB) – die program sal aflaai op jou rekenaar en ʼn IKOON-blokkie sal op jou skerm verskyn. Volg die installeringsproses. Sodra dit geïnstalleer is, klik op die ikoon. Die program maak oop. (STAP 2 illustrasie)

STAP 3 – Klik op FILE (heel links). Klik nou op ADD TO LIBRARY

ADD – Kies die lêer wat jy aangekoop het en reeds afgelaai het (die ePub PDF boek)

STAP 4 – die lêer verskyn op jou skerm in Adobe Digital Edition (STAP 4 illustrasie). Klik op die omsalg-ikoon.

STAP 5 – jou boek open met die omslag. Beweeg die skuifbalkie om na die volgende bladsy te beweeg. Siedaar – so lees jy jou boek met gemak op jou skerm! (STAP 5 & 6 illustrasie)

STAP 1

STAP 2

STAP 3

STAP 4

STAP 5

STAP 6