No Image Available

Buks van die Kalahari

R220.00
 Skrywer: Koot Jonker  ISBN: 978-1-0492-8931-1  Bladsye: 295  Language: Afrikaans  Dimension: A5  Tags:Afrikaanse roman | Buks van die Kalahari | Koot Jonker |  Bestel nou
 Sinopsis:

Buks van die Kalahari

Toegegooi onder die gewig van die lewe; die ellende van die groot depressie en die verwoesting, van die groot droogte wat die vroeë dertigerjare verskroei, waag Lang Hendrik van der Walt die Kalahari-woestyn in. Dit is nie ’n reis nie, maar ’n stryd: ’n soektog na oorlewing. Op sy plaas is daar net één gereg – mieliepap.

Die pad wat Hendrik en sy geslag loop, is nie sag nie. Dit is ’n pad wat mense breek of staalhard maak. En Hendrik? Hy buig nie. Terugslae kry hom nie onder nie. Want hy het iets om voor te leef… ’n rede om aan te hou asemhaal – sy seun Buks.

Sonder dat hy dit besef, lê Hendrik in hierdie dor en genadelose wêreld die fondament vir iets groters. In die sand van die Kalahari word ’n liefde gebore – ’n liefde wat nie deur droogte of swaarkry gebreek kan word nie. Dit is ’n liefde wat Buks vorm, slyp en stuur na ’n lewe van avontuur. ’n Lewe wat hom sou maak tot ’n grootwildjagter, ’n man wat leeus tem en vrees in die oë kan kyk.

Uit hierdie harde geslag groei ’n nuwe een, ’n geslag wat nie net oorleef nie, maar floreer.

Buks self word ’n man van krag. Maar selfs hy kan nie die droogte van ’67 ontwyk nie. Dit bring hom tot stilstand. Dit breek hom oop. En daar, op sy knieë in die sand, vind hy weer iets wat hy amper verloor het – sy Skepper wat hom optel uit die sand.

 Back