BY OMDRAAI VERBY: Van ’n omdraaipunt tot die anderkant van liefde. Die versoeking om ‘n dobbelkaartjie te koop, ‘n karaoke-aand, die moeilike besluit van ‘n dominee en mense wat in ‘glashuise’ woon. Wanneer ‘n kwaai hond dreig, moet jy voete met vlerke hê en die liedjie Ou Ryperd kan laer stresvlakke tot gevolg hê. Om jou pa se luukse motor te leen, die ongewone fondsinsameling van skoolkinders, die bekoring van ’n kind vir ‘n Morris Minor-motor en die liefde van ‘n ouer vrou vir ‘n jonger man. ‘n Pendoring wat pla op wittebrood, en die betekenis van die kruis op die kruin vir ‘n hawelose, – dit alles en nog meer saamgevat in hierdie DEBUUTBUNDEL KORTVERHALE VAN MARIE VAN WYK.
By omdraai verby bervat verhale wat in verskeie tydskrifte gepubliseer was.