Tant Goedjie se no-name teeblare voorspel ’n warm Delilah, ’n matroos en sy boot, ’n pes soos pokkies, ’n engel met ’n stok en ’n tsotsi tokkelossie – die begin van ’n storm in ‘n teekoppie.
‘n Cherry met berry red lippe laat ‘n hart baby tjoklits klop. Die nuwe intrekker moet kies tussen tradisie en op sy knieë gaan. Die Griesels van Poespasvlei laat hulle nie onder kry nie – danksy tonne aksie; hartseer, seëninge en dankbaarheid.Frik oorleef alles – van ’n skokstok tot ’n prostraat ondersoek!En Tillie bid in haar eie tuin van Getsémané …