INANNA – ’n Jong seun ontvang as verjaarsdaggeskenk ’n wedvlugduif. Die teleurstelling dat dit nie ’n Playstation is nie, is baie groot. Maar dan vind hy die ring aan die duif se poot en sy lewe verander. Sy smart oor sy ma se dood word gedeelde smart met sy duif as swyende toehoorder en trooster. Nuwe vriende – en vyande – verseker dat hierdie ’n wenverhaal is wat gelees móét word.
WENNER van die gesogde Ns. Skrywerahuis-prys vir Afrikaanse Literatuur 2021