Oomblikke in tyd is ‘n digbundel waarin die digter ander se emosies en gevoelens in woorde vasvang – net soos ‘n mens ‘n foto van iemand anders kan neem. Dit is woordryk en sielswoorde wat jou diep raak.
MY WOORDE
ek skryf oorloopgedigte
vir hol mense
oor die tronk van die vlees
oor peste, plae en pyne
wat die mens se siel verteer
en siele se worsteling
met al die seerkry, smart en skades
wat ons almal soms
net platgeslaan laat bly lê.
“Mag jy jouself raakloop in my album” – Jeanita Le Roux