No Image Available

‘n Blom uit Pole

R220.00  R180.00
 Skrywer: Louis Rautenbach  ISBN: 978-0-620-98769-1  Bladsye: 575  Language: Afrikaans  Bestel nou
 Sinopsis:

ʼn Blom uit Pole: Wat sou sy dink? Hoe het sy gevoel? Het sy geweet dat alles tevergeefs was? Was daar hoop om eendag weer, miskien gou, die geleentheid te hê om in die lente tussen die rooi papawers in die veld naby haar dorpie te gaan speel?

Czeslawa. Die uitdrukking op die gesig van hierdie Poolse meisie op drie foto’s sê alles wat verkeerd is in ʼn wêreld waar wreedaards toegelaat is om te heers. Net soos blomknoppies, is baie kinders se ontluikende jeug koelbloedig in Auschwitz vertrap lank voordat hulle in hul menswees tot wasdom kon blom.

Czeslawa. Net veertien jaar oud, maar reeds vasgevang en wreed blootgestel aan die barbaarsheid van die oorlog en die sadisme in die Nazi konsentrasiekamp.

Czeslawa. Al wat oorgebly het, is drie foto’s wat in die doodskamp van haar geneem is.

Die verhaal van hierdie eens vrolike, vrye dogtertjie is met groot respek en uiterste eerbied geskryf om hulde te bring aan haar en die miljoene ander kinders wat aan die hand van die Duitsers gesterf het.

 Back