Sale!

Die nag toe die maan geval het

R50.00R130.00 incl. VAT

Kyk na die hemel daarbo.
Hy is altyd daar, so wil ons glo.
Die maan, ’n groot ronde bal
Sal hy regtig val?

Katryntjie kyk en kyk
Sy weet mos hoe die maan moet lyk.
Maar nou is die maan propvol
Sal hy uit die hemel rol?

Die venster oop, sterre skyn
Elkeen, tot die fynste fyn,
die skoonheid wat die hemel bied.
En Katryn? Sy sing haar lied!

Clear
SKU: NS00015 Category: Tags: ,

Description

Kyk na die hemel daarbo.
Hy is altyd daar, so wil ons glo.
Die maan, ’n groot ronde bal
Sal hy regtig val?

Katryntjie kyk en kyk
Sy weet mos hoe die maan moet lyk.
Maar nou is die maan propvol
Sal hy uit die hemel rol?

Die venster oop, sterre skyn
Elkeen, tot die fynste fyn,
die skoonheid wat die hemel bied.
En Katryn? Sy sing haar lied!

Additional information

Formaat

eBoek PDF, Sagteband, eBoek Mobi, eBoek E-Pub

1 review for Die nag toe die maan geval het

  1. admin

    Dis baie maklik om ‘n kinderstorie te skryf. Enigiemand kan dit doen.
    Dis baie moeilik om ‘n goeie kinderverhaal te skryf. Omtrent niemand kry dit reg nie.
    Bets Koen kry dit reg.
    Mens sien soveel kinderstories op die volgende paradigma:

    Kind is stout, hy hardloop na die grootpad toe.
    Mamma waarku: moenie dit doen nie, want ‘n kar sal jou raakry.
    Kind luister nie, hardloop weer na die pad toe.
    ‘n Kar ry hom amper om.
    Kind skrik groot, sê: “Mamma, ek sal nooit weer na die grootpad toe hardloop nie.

    Die nag toe die maan geval het is nie so ‘n storie nie.
    Dis nie prekerig nie. Dis nie soetsappig nie. Daar is geen sedelessie in nie.
    Bets se forté is om bínne-in ‘n kind se psige te kyk. Wat gaan in ‘n dogtertjie se gemoed om?
    Daar’s genoeg subteks: Die mamma het in ‘n woonstelletjie in die grootstad gebly (Hoekom? Finansiële swaarkry?); Katryntjie se eerste pappa het van die toneel af verdwyn (Is hy dood? Geskei?); kortom, daar’s hartseer in hulle vorige lewe.
    Die twee seuns baklei. Tog maar spanning in Katryn se nuwe lewe ook. ‘
    Sien wat gaan alles onder die oppervlak aan net in ‘n paar eerste bladsye?
    Hierdie elemente word nooit eksplisiet aan kinders opgedis nie. Maar is dit ‘n wonder dat Katryntjie onveilig voel en maklik huil?
    Sy anker haar sekerheid aan die maan. Fout. Die maan het baie gesigte; hy verdwyn bedags; hy verdwyn soms agter wolke en soms word hy ‘n donkermaan – dan is hy weg, soos Katryntjie se eerste pappa …
    My doel is nie om die storie hier te vertel nie, net om vir jou te wys hoe anders hierdie verhaal is as die snert wat te dikwels as kinderverhale deurgaan.
    Kinders is slim. Hulle ken ‘n goeie storie as hulle een lees of hoor.
    Lees vir hulle hierdie een.
    Ek dink Die nag toe die maan geval het verdien om een van die klassieke kinderverhale in Afrikaans te word.
    GERHARD VENTER

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.