Description
Liefde is ‘n kwadrupleeg. Dit is almal geestelike gedigte. Ek het begin by die skepping en daarna geraak aan die wettisisme van die Ou Testament. Die Psalms, Spreuke en Hooglied het ek oorgeslaan, want dit is gedigte op sigself. Dan het ek gekyk na die profete van Jesaja af tot by Maleagi en hoe baie van hulle profesieë vir ons dag en tyd ook nog ʼn boodskap kan hê.
Die tyd tussen die Ou en Nuwe Testament wat ook die ballingskap insluit, het ek aangeraak en toe by die Nuwe Testament gekom van die geboorte van Christus af tot by sy dood en opstanding. Daarna het ek gedagtes probeer stimuleer oor hoe sy volgelinge nou veronderstel is om te lewe om sy boodskap uit te dra.
Die Haikoe aan die einde is maar ʼn voëlvlug oor die bundel en ek hou nogal daarvan om hulle te skryf, want dis een manier om baie met min woorde te sê.
Reviews
There are no reviews yet.