Nico Schamrel plaas die kollig op Jacques Rautenbach, ons bekende Suid-Afrikaanse musikant wat die afgelope jare opslae gemaak as neoklassieke komponis en musiekkunstenaar.
Sy unieke komposisies en styl word beskryf as lewendige kontemporêre neoklassieke musiek – gevul met verskeie uiteenlopende emosies soos nostalgie, romanse, soms selfs barok. Hy skilder hierdie diep emosies met harmonieuse en luisterryke klanke.
Strelende instrumentale klanke in sy komposisies word geskep deur veral vioolspel deur bekende violiste Evert van Niekerk, Lizelle le Roux en Susan Mouton. Sy komposisies sluit in die meesterstuk, Cry for Africa (violis Lizelle le Roux), met ʼn besonderse Christelike boodskap – ʼn toonbeeld van Rautenbach se geslypte vakmanskap.
Hy skep lig in die duisternis van ʼn mens se siel en werk tans aan ‘n You’re the Light, ʼn verhoogvertoning.
Jacques Rautenbach se musiek kan gehoor word op verskeie Europese radiostasies in Nederland, Roemenië, Oezbekistan, Australië sowel as agt Suid-Afrikaanse radiostasies.
In hierdie onderhoud gesels ons oor sy merkwaardige werke, prestasies en sy toekomsplanne.
SPESIALE BOODSKAP AAN JACQUES
Robert Schumann het gesê: “Om lig in die duisternis van mense se harte te stuur – dit is die plig van die kunstenaar.” Ek wil vir jou dankie sê dat jy deur jou kuns en talente ʼn lig in die duisternis van mense se harte stuur. Mag jou lamp nog lank brand en jy altyd vreugde sal vind in dit waarna jy koester. – Nico Schamrel
STEM VIR JACQUES RAUTENBACH - Aitsa Toekennings - PretoriaFM