In Kaalkop sonder tuiste verwoord Johan Allers sy verhaal van ’n jong seun met ’n droom groter as hyself, sy werk by die SAUK en sy omswerwinge as buitelandse korrespondent in Duitsland en Nederland. Hy vertel van sy ontmoetings met van die wêreld se grootste leiers, onder andere Nelson Mandela en gesels oor gebeure wat die wêreld verander het. Met Johan se eerlike vertellings trek hy die luisteraar in en bied hy ’n persoonlike en unieke blik op mense en gebeure waarvan ons slegs die voorreg het om in koerante te lees. In die komende maande sal daar weekliks ’n nuwe episode van Kaalkop sonder tuiste op Afrikaans.com beskikbaar gestel word. Episode 1: Ontmoeting met Nelson Mandela In die eerste episode vertel Johan van sy ontmoeting met oudpresident Nelson Mandela. In hierdie episode leer ken ons op ’n subtiele manier die man agter die bekende wêreldleier. Luister gerus saam.