Die heilige koeie se moe

Die Heilige Koeie se moe is ʼn bundel vol onheilige gedagtes. Dit vra waaroor moe die Heilige Koeie nou weer.

Wie is die tannies in hulle Fortuners en waarheen is hulle op pad? Wat is badbomme en hoe werk dit nou eintlik? Waarnatoe hardloop die mense wat ons langs die pad sien? Vlug hulle vir iemand? Hoekom moet die toilet se sitplek plat wees? Hoekom is daar kinders en wat moet mens met hulle doen? ESKOM? Hoekom? Net. Hoekom? Daar word verduidelik hoekom kamp die duiwel se oorkussing is. En nog vele meer.

Die versameling humoristiese kommentaar en staaltjies verduidelik hoekom Riaan Palmer altyd in die moeilikheid is. Selfs al het sy ma hom gewaarsku dat hy nie mag vloek nie, glip daar elke nou en dan die vreeslikste lelike woorde uit. Die boek is nie bedoel vir puriste, kwaai tannies, fyngevoelige Magriete of Heilige Koeie nie. Ons kan vir mekaar lag of ons kan huil. Hierdie boek bewys dat lag altyd beter is as huil.

Order Now!
About the Book

Dit is beslis en ongetwyfeld een van die beste komiese boeke in Afrikaans – en bevat gewis die beste wat ‘n skrywer soos Riaan kan aanbied!

Details
Author:
Genres: Essays, Komedie
Tags: Benoeming, Hoog aanbeveel, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2020
List Price: R155.00
eBook Price: R65.00
Endorsements
Uitstekende komedie! Die komiese vertellings deur die skrywer is uniek, vars en beslis uitstekend verwoord. Hierdie boek is 'n tel-my-op wanneer mens so bietjie af voel. Welgedaan, Riaan Palmer.
– Suzette Marais, Vonkskryf, JHB
Order Now
About the Author
Riaan Palmer

Riaan Palmer het jare gelede as ʼn baba in Potchefstroom te voorskyn gekom, en na ʼn paar onverklaarbare en vreemde gebeure, in Pretoria beland. Hier maak hy voltyds asof hy iets weet van die inligtingstegnologiebedryf. Agter toe deure is hy egter ʼn skrywer wat berugtheid verwerf het as blogger op Facebook, wat gal braak oor, onder andere, tannies in Fortuners, ooms wat lelik sit en mense wat te vroeg opstaan. Ondanks sy totale minagting van alle taal- en spelreëls, wen hy verskeie literêre pryse, maar of dit nou weens administratiewe foute was, sal mens nooit weet nie.