Rooi Papawers

Drie gedempte skote. Sy val vorentoe oor die ruglening van die stoel. Haar hare glip elegant na vore, haar arms slap. Drie koeëlwonde. Drie rooi papawers.

Ses raaiselagtige moorde wat deur Erwee, Gert en Karla opgelos moet word, terwyl dit die leser boei met interessante en onvoorspelbare wendings.

'n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Nico Schamrel vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees.

Die einde is geheel en al onvoorspelbaar en buite 'n leser se denke!

Order Now!
About the Book

‘n Onheilspellende moordverhaal wat kriewelinge langs jou ruggraat laat afloop. Nico Schamrel vleg en tooi genadeloos met sy lesers se emosies en vrese in hierdie tergende moordstorie waarin die leser op en wakker tussen die lyne moet lees.

Die einde is geheel en al onvoorspelbaar en buite ‘n leser se denke!

Details
Author:
Genres: Spanningsverhaal, Speur- en moordverhaal
Tags: Premium Boek, Resensie, Stergradering: Prima
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2019
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:

List Price: R145.00
eBook Price: R45.00
Endorsements
Karla en haar twee kollegas, Erwee en Gert, moet ses raaiselagtige moorde ondersoek. Die modus operandi van die moordenaar is elke keer dieselfde - drie Rooi Papawers word by elke lyk geplaas. Wanneer die laaste slagoffer lewend gevind word, moet die drie kollegas vinnig planne beraam om die moordenaar te vind en ter selfde tyd die slagoffer beskerm. Wat gaan Karla en haar kollegas oopkrap? Nico boei die leser met hierdie boek. Dit is 'n onheilspellende moordverhaal wat tergende vrae ontlok. Hy kry dit reg om die leser kriewelrig te laat voel en smokkel met jou emosies. Die behendige wyse waarop hy die teks rangeer getuig van gesaghebbendheid. Rooi Papawers is 'n verhaal wat hom leen tot 'n vinnige tempo met die een aksiebelaaide oomblik na die volgende. Die skrywer daag die leser uit om veel dieper as die oppervlak te kyk en tussen die lyne te lees. Die emosionele spanningslyn is geslaagd en die ontknoping het 'n ekstra inpak. Dit is 'n uitstekende verhaal en vir die uitsoekerige leser is hierdie alternatiewe boek net die antwoord.
Book Club Resources
Order Now
About the Author
Nico Schamrel

Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.

In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.

Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.

Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.

Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).

Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.