Tussen stiltes is daar dikwels roeringe, klanke. Die lewe wek wanklanke; dood, pyn, verwerping.
Maar die lewe bring ook tussen al hierdie emosies stille aanvaarding, liefde. Hierdie bundel sny baie naby aan die skrywer se lewe en geliefdes. Sy vra vrae, bepeins en uiteindelik, tussen al die stiltes en stilbly, kom sy by die punt wat saakmaak: sy gaan nie meer stilbly nie, want – ’n mens moet wys raak.
About the Book
Details
Author: Logan Adams
Tags: Aanbeveling, Debuutdigbundel
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:
List Price: 140.00
eBook Price: 80.00
Tags: Aanbeveling, Debuutdigbundel
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Rating:
List Price: 140.00
eBook Price: 80.00
Order Now
About the Author
Logan Adams
Logan Leigh Adams is op 18 September 2002 in die Paarl gebore. Sy woon in Amsterdam, Paarl. Hierdie is haar tweede boek. Haar eerste boek, Die Nood Roep, het sy in Julie 2021 vrygestel. Logan het ook haar eie produksie – Maskers. Sy studeer Bcom Algemeen by UWK en doen dans-gemeenskapswerk. Sy is ook ʼn radio-omroeper en wil graag advokaat wees vir vroueregte soos weerspieël in haar digbundel, TUSSEN STILTES.