Feb
10
2021
0
Kry vooraf agtergrondinligting van die uitgewer waarheen jy jou manuskrip wil stuur. Meeste uitgewers het ’n webwerf waarop hulle hul eie spesifikasies uiteensit.
- Stuur slegs jou heel beste poging. Laat jou manuskrip proeflees en redigeer. Hoekom jou kanse verbeur met ’n manuskrip vol foute?
- Moet nooit ’n manuskrip aan meer as een uitgewer gelykertyd stuur nie.
- Maak jou manuskrip netjies en foutloos. Onthou, jou manuskrip is deel van honderde wat daagliks ontvang word.
- Moenie jou enigste kopie van die manuskrip pos nie. Dit kan verlore raak en uitgewers neem geen verantwoordelikheid vir jou manuskrip nie.
- Kinderboekskrywers hoef nie illustrasies te voorsien nie . Meeste uitgewers het/besit hierdie diens.
- Sommige uitgewers sal wel per e-pos erkenning van ontvangs van jou manuskrip bevestig en daarop aandui hoe lank die keuringstydperk moontlik kan duur (tot 6 maande en selfs langer). Skakel gerus indien jy nie van hulle hoor nie, maar moenie ’n oorlas wees nie. Daar is honderde manuskripte wat verwerk word.
- Uitgewers pos selde jou manuskrip terug , maar ’n selfgeadresseerde koevert met die korrekte aantal posseëls mag dalk van hulp wees.
- Nie alle uitgewers is bereid om jou in te lig waarom ’n manuskrip afgekeur is nie. Aanvaar dit so, want ’n woordwisseling gaan nie die uitgewer anders oortuig nie.
- Indien ’n uitgewer jou manuskrip afkeur, staan dit jou vry om jou manuskrip na ’n ander uitgewer te stuur.
Stuur jou manuskrip in die volgende formaat:
- Getik op wit A4-papier
- Dubbelspasiëring
- In ’n maklik leesbare lettertipe (12 pt Times New Roman)
- Slegs aan een kant gedruk
- Breë kantruimtes (margins) om aantekeninge te maak (2 cm is voldoende)
- Manuskripte moet nie gebind wees nie.
- Onthou om bladsye te nommer
- Sluit asseblief ’n dekbrief by jou manuskrip in met die volgende inligting:
- Kontakbesonderhede
- Titel van jou manuskrip
- Die teikenmark (ouderdomsgroep) wat jy in gedagte het
- ’n Kort opsomming van jou storie
- ’n Kort publikasie-agtergrond, indien jy reeds gepubliseer het
- Woordtelling
Posted inUncategorized
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.