NASKRIF, ons digitale tydskrif, se lesers het maandeliks gegroei tot oor die 400 lesers. Dit is weereens ‘n bewys dat ons tydskrif ‘n gewildheid bereik het onder Jan Alleman, skrywers en digters.
Ons streef steeds om hierdie tydskrif ten volle te bemark en om gehalte artikels aan ons lesers te bied. Desember vier ons ons eerste verjaardag met ‘n spesiale uitgawe.
AANLYN WINKEL – statistieke toon dat daar gedurende Oktober en deels November byna 550 besoekers by ons winkel was en dat meer as 300 lesers die Besigtig Boeke-blad besoek het.
KOERIER EN PUDO Dit het ons ook tot ‘n nuwe besluit geneem. Boeke sal in die toekoms per koerier of per Pudo afgelewer word. Ons onderhandel steeds en sal eersdaags hierdie diens beskikbaar stel. Dit stel aan die koper ‘n keuse watter diens die leser verkies. Nie alle kopers is mobiel nie en ons neem ook bejaardes en gestremdes in ag.
GOEIE DIENS by steeds ons lojaliteit teenoor ons kliente skrywers, digters en lesers. Ons bedank almal wat positiewe terugvoering gee oor ons professionele diens en vaardigheid.