Deserisé Cocklin-Viljoen is in 1985 in Zeerust gebore en getoë. Sy het ’n BA-graad in kommunikasiekunde aan die NWU (Potchefstroom) verwerf. Later het sy ook haar Na-graadse Onderwyssertifikaat verwerf. Sy was lank ’n on-derwyseres wat Afrikaans as vak onderrig het. Van haar gedigte is ook in verskeie digbundels gepubliseer. Haar groot liefde is Afrikaans en geskiedenis.

Deurmekaarbos se Sonstraaltjie

Deurmekaarbos se Sonstraaltjie

R175.00eBook: R175.00

Sonstraaltjie is Deurmekaarbos se feeprinses en van die kleinste diertjie tot die grootste reus kom vra haar altyd vir raad. Haar huis is ’n  groot rooi paddastoel met ’n knewel van ’n knoets as skoorsteen, langs ’n prentjiemooi waterval. Sy het ook ’n troetelliewenheersbesie wat gedurig onder haar voete beland. Al haar maats in Deurmekaarbos het snaakse kruiename. Daar is Anoster en Anys (tweelingkaboutermaats), Kerwel Uil, Suring Ystervark, Haap Haas, Laloentjie Elf, Balderjan Hamster en nog vele meer. Saam-saam beleef hulle verskeie avonture, soos ’n padda wat kol-kol verdwyn en weer verskyn, ’n besoek vanuit die buitenste ruimte, ’n borrelberg en die gebreekte koekoekklok.

Daar is voorwaar nooit ’n vervelige oomblik in Deurmekaarbos nie.

More info →