Deurmekaarbos se Sonstraaltjie
Sonstraaltjie is Deurmekaarbos se feeprinses en van die kleinste diertjie tot die grootste reus kom vra haar altyd vir raad. Haar huis is ’n groot rooi paddastoel met ’n knewel van ’n knoets as skoorsteen, langs ’n prentjiemooi waterval. Sy het ook ’n troetelliewenheersbesie wat gedurig onder haar voete beland. Al haar maats in Deurmekaarbos het snaakse kruiename. Daar is Anoster en Anys (tweelingkaboutermaats), Kerwel Uil, Suring Ystervark, Haap Haas, Laloentjie Elf, Balderjan Hamster en nog vele meer. Saam-saam beleef hulle verskeie avonture, soos ’n padda wat kol-kol verdwyn en weer verskyn, ’n besoek vanuit die buitenste ruimte, ’n borrelberg en die gebreekte koekoekklok.
Daar is voorwaar nooit ’n vervelige oomblik in Deurmekaarbos nie.
More info →See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1
Ouderdom 6-10
See-Oupa en die Seehaaie – Boek 1
Die monsterhaai wil Dawid opvreet.
Het jy al ooit daaraan gedink dat jy vinniger as ’n dolfyn moet swem om uit ’n monsterhaai se tande te bly? Dit het Dawid geleer.
Het jy al oot daaraan gedink om op die rug van dolfyne in die see te ry? Soos Rudolf gemaak het.
Wat leer ons uit hierdie boek?
- Ons moet by reëls hou. Wanneer ons dit nie doen nie, kan ons in allerhande penaries beland soos Dawid en Rudolf albei agtergekom het.
- Ons moet gehoorsaam wees. Daar is mense om ons wat ons liefhet en vir ons goeie raad gee.
- Ons moet probeer om goeie besluite te neem; maar as die besluit nie werk nie, neem ons dit net weer oor. Foute wat ons maak, bring ons nie aan die einde van die wêreld nie. Ons maak almal foute.
- Wanneer ons in die moeilikheid beland, mag ons maar bang wees. Dit is nie ’n skande om bang te wees nie. Maar met oorleg en dapper wees kan ons die probleem te bowe kom. So het Dawid geleer om te sê: “Ek is dapper, maar nie dom nie.” En so het hy uit die haai se tande ontvlug.
Verder leer die boek ons dat die wêreld om ons wemel van interessante dinge. Ons moet ondersoek, navors en altyd nuwe dinge leer.
More info →Jy Kan!
Rhita Coetzee, ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes lei studente en leerders om leesvermoë te verbeter en opsommings te maak. Sy gee ook wenke hoe om die studieproses en veral die eksamenmonster vreesloos aan te pak. Hierdie handleiding is ’n moet vir leerders en ander leergieriges.
JY KAN! meer effektief studeer.
More info →Rona die vuilvoete heks
Maar pasop dat die vuilvoete heks jou nie in haar huis kry nie. Daar waar dit na vuil voete stink. Die twee trolle Kaboen en Kalol het so amper nie weer ontsnap nie, was dit nie vir vuil voete nie!
More info →Die toorboom
En sy ma is nie meer daar om hom te troos nie. Buitendien is hy net so bang vir die toorboom soos sy maats. Maar wat hulle nie weet nie en wat Armand sommer gou sal uitvind, is dat bome nie altyd sommer net bome is nie ...
More info →Girlie
Drienie mis haar mamma. Sy moet ’n item by die skoolkonsert lewer, maar sy is tog so skaam en word by die skool gespot.
Maar Drienie het ’n lappop, ’n troospop. Saam leer hulle die spottende skoolmaats 'n goeie les.
More info →Bettie se rooi towersak
Bettie gaan speel daagliks in Towerland en het baie pret. Natuurlik vat sy altyd haar rooi towersak saam, want daaruit kan sy enige iets uithaal.
More info →Archie, die dapper hondjie
Hy word ’n siek seuntjie se beste maat.
Met baie liefde en deur te glo, word die seun gesond én op ’n wonderlike manier word Archie ook gehelp.
Liefde en bid maak alles reg, ook ’n stukkende lyfie ...
Hierdie verhaal is geskryf om gestremde kindertjies antwoord op hul vragies te gee. Volgens die skrywer se wete sal hierdie die eerste Afrikaanse boekie van die aard.
Die boekie word opgedra aan die skrywer se dapper, lewensblye kleinseun, Wico, asook sy ewe dapper en vreeslose mamma Christelle, wat niks toelaat om haar onder te kry nie – omdat sy so vashou aan haar geloof.
More info →Verjaardagseuntjie
Verjaarsdagseuntjie handel oor ʼn gesin wat sestien kinders van die kinderhuis nooi om hul seuntjie se verjaarsdag saam te vier.
Wat ʼn wonderlike ervaring vir al die kinders en die versorgers. Die aand se verjaarsdagviering en die kinderlaggies wat deur die gebou weergalm, word in hierdie boekie uitgebeeld.
Die boekie verduidelik ook wat ʼn kinderhuis is, wie daar werksaam is, die bestuur en personeel.
Dit bestaan uit verkeie kleurvolle illustrasies en kinders kan ook sekere sketse inkleur. Vrae word ook aan die leser gestel en nuwe woorde word uitgelig.
More info →Mimiekie
Die stories kan ook gelees word deur jong kinders, veral díe wat 'n liefde vir lees het.
Van 'n vis wat karate doen dwarsdeur tot die beste ry-ding beloof hierdie stories om jou verbeelding te prikkel en om jou baie lekker te laat verdwyn uit vandag se besige realiteit.
Mimiekie is ook in 'n 11 episode televisie reeks gemaak en is verkrygbaar op aanlyn platforms met akteurs Neels Clasen en Craig Morris.
More info →Eendag is daar
Dit is ʼn kombinasie van karakters, verhale en ruimtes, dit is plesierig, humoristies, eie aan ons wêreld en tyd. Naby aan ons lyf en lewe, omdat ons die foute van die verlede opnuut besef, en opnuut weet dat mense mekaar nodig het, dat mense kan verander, dat die slegte weer goed kan word, dat ons mekaar kan en moet vergewe ter wille van die mens en die wêreld se voortbestaan.
More info →Die nag toe die maan geval het
Katryntjie kyk en kyk
Sy weet mos hoe die maan moet lyk.
Maar nou is die maan propvol
Sal hy uit die hemel rol?
Die venster oop, sterre skyn
Elkeen, tot die fynste fyn,
die skoonheid wat die hemel bied.
En Katryn? Sy sing haar lied!
Jan-sê-nou-net
Sal hy homself kan red, van wegkruip in die bed?
Hierdie kinderboek is vol pret. Jan leer gou dat dit waarvoor hy so vrees, eintlik nie so erg is nie en vind pret in elke bangmaak-ding.
More info →Die prinses in die glaskas
Maar wat gebeur as Prinses Tienkie skielik siek word? Hoe gebeur dit dat sy in 'n glaskas beland? Kom lees saam oor die manewales van Prinses Tienkie en ontmoet die Goeie Fee en Kallie Kabouter.
More info →












