Kayla en die smokkelaars

Kayla en die smokkelaars

R140.00eBook: R140.00

Sy maak notas en noteer sorgvuldig elke beweging.Haar nuuskierigheid lei haar tot in die midde van ‘n gewetenlose bende. Skelms wat nie sal huiwer om van opponente ontslae te raak nie. Kayla is op haarself aangewese want niemand kan vertrou word nie. Niemand nie. Die bende se invloed strek wyd ...

Is sy opgewasse vir die taak om die smokkelaars bloot te stel?

More info →
Steppie lyk soos heuningwas

Steppie lyk soos heuningwas

R140.00eBook: R45.00

Die groot vloed was God se straf. Sy vlug weg van die skim op ’n swart perd. Saam met haar is die ding waaroor kadawerasem grynslag – ’n satanpes.

Al wat Steppie voor vra is vergifnis en om weer op haar heuwel te sit. Dalk aanskou sy ’n wonderwerk?

Sal dít haar finale oorwinning wees of moet sy verder boet vir haar sonde?

Daar is orals wonderwerke – jy moet net dieper kyk.

More info →
Klawerjan

Klawerjan

R160.00eBook: R90.00

Vir die befaamde konsertpianis, Maryne Bronn, was die bekoorlike wêreld van sonates, overtures en simfonieë welbekend. Kruispad ook. Maar oorlog, nié.  Tot daardie onstuimige aand toe 'n wildvreemde man haar drumpel betree, met die tyding van haar man se dood.

Daarna dryf die verraad uit haar binnekring haar tot ’n randfiguur. Van die radar af. Tot aan die voet van die skurwekoppe. Vasberade om agter die kap van haar man se dubbellewe en raaiseldood te kom, omseil sy haar menssku gasheer en betrek die gulhartige plaasvoorman by haar speurtog.

Maar vir die vreemde onderstrominge wat haar sou inwag in die donker voue van die skurwekoppe en tussen die koue klipmure van die huis op die rand van die vallei, kon sy haar beswaarlik voorberei. Nog minder vir die skokontdekking wat haar in die middernagtelike ure deur ’n dal van doodskaduwee sou dwing. Haar teisteraar op haar hakke.

Maar die waarheid ook. Want in die aangesig van onreg sal die waarheid altyd staan. Stil … En geduldig.

More info →
Wakanda, my liefste

Wakanda, my liefste

R160.00 (spesiale prys)eBook: R70.00 (spesiale prys)

Sy kan ook baat daarby, maar sy steek viervoet vas, veral as die inmengerige Jayden iets daarmee te doen gaan hê.

Perde is nie eintlik haar passie nie, maar sy bly nie vir lank onaangeraak nie. Inteendeel ...

Beelde en drome maak dit duidelik dat daar ’n vreemde verbintenis tussen Anneri en Jayden is. Gaan die raaisel ooit opgeklaar word?

Hierdie verhaal laat mens diep dink oor onverklaarbare verhoudinge. Ons is dikwels by persone betrokke waar die verhouding net nie wil vlot nie. Kan dit wees dat wedersydse vergifnis heling kan bring, selfs al kan ons nie werklik verstaan waaroor dit gaan nie?

More info →
Mimiekie

Mimiekie

R160.00eBook: R90.00

Die stories kan ook gelees word deur jong kinders, veral díe wat 'n liefde vir lees het.

Van 'n vis wat karate doen dwarsdeur tot die beste ry-ding beloof hierdie stories om jou verbeelding te prikkel en om jou baie lekker te laat verdwyn uit vandag se besige realiteit.

Mimiekie is ook in 'n 11 episode televisie reeks gemaak en is verkrygbaar op aanlyn platforms met akteurs Neels Clasen en Craig Morris.

More info →
Wraak se angel

Wraak se angel

R150.00eBook: R45.00

Die vlugtog het egter ’n bloedspoor agtergelaat. ’n Man wat sy seun se dood wil wreek, is op Chris Rossouw se spoor. Maar Chris is skoonveld.

Hierdie novelle handel oor wraak aangevuur deur haat – geregverdig of nie.

Maar wraak kan soms ’n angel hê ...

More info →
Susanini

Susanini

R130.00eBook: R80.00

Uiteindelike verlossing bevry haar van die seer in haar lyf en siel.

’n Dogtertjie se intieme omgewing word uitmekaargeskeur deur die dood. ’n Monster neem sy intrek in die stil, donker nag. ’n Verhaal vol pyn, maar ook hoop.

 

’n Dogtertjie se intieme omgewing word uitmekaargeskeur deur die dood. ’n Monster neem sy intrek in die nag.

Daar is die seer in haar lyf en siel.

’n verhaal vol pyn; ook hoop, maar die verlossing kom op ʼn vreemde manier.

More info →
Sondebok swartskaap

Sondebok swartskaap

R140.00eBook: R35.00

Liena Kleingeld se verlange na die waarheid bring haar terug na die wit kind met die blonde kuif. Maar wraak bring tragedie en ʼn jong vrou se liefde vir haar man word tot die uiterste beproef. Elkeen het sy eie geheime – sommige is swart en ander s’n sonde.

Daar was een engel wat gereeld geruisloos verby gevlieg het. Altyd met ʼn sonneblom in die een hand en ʼn swaard in die ander hand. Een ding is verseker: jy lieg en bedrieg nie vir die engel nie. Jou woord moet jou eer wees.

Ongelukkig was dit die probleem met die sondebokke en die swartskape – nie almal van hulle se woord was hul eer nie.

Vir die wat goed was, was daar altyd ʼn goudgeel sonneblom. Vir die wat nie so goed was nie, was daar die swaard.

More info →