Klawerjan

Hoe maak mens oorlog, as jy hom nie gekies het nie? Jy pluk blomme, druk dit in die kanon se loop … en jy mik! Net soos die klassieke komponis, Chopin, se vredesnote oor eeue heen sou doen.

Vir die befaamde konsertpianis, Maryne Bronn, was die bekoorlike wêreld van sonates, overtures en simfonieë welbekend. Kruispad ook. Maar oorlog, nié.  Tot daardie onstuimige aand toe 'n wildvreemde man haar drumpel betree, met die tyding van haar man se dood.

Daarna dryf die verraad uit haar binnekring haar tot ’n randfiguur. Van die radar af. Tot aan die voet van die skurwekoppe. Vasberade om agter die kap van haar man se dubbellewe en raaiseldood te kom, omseil sy haar menssku gasheer en betrek die gulhartige plaasvoorman by haar speurtog.

Maar vir die vreemde onderstrominge wat haar sou inwag in die donker voue van die skurwekoppe en tussen die koue klipmure van die huis op die rand van die vallei, kon sy haar beswaarlik voorberei. Nog minder vir die skokontdekking wat haar in die middernagtelike ure deur ’n dal van doodskaduwee sou dwing. Haar teisteraar op haar hakke.

Maar die waarheid ook. Want in die aangesig van onreg sal die waarheid altyd staan. Stil … En geduldig.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Intrige, Liefdesverhaal, Resensie, Roman, Spanningsverhaal, Stergradering: PRIMA SILWER
Tags: Aanbeveling, Roman, Stergrdering: Prima Silwer
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2023
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: Voledige roman
Illustrator: Omslag: Nico Schamrel | Ns. Skrywershuis
ISBN: 9780639717654
Rating:

List Price: R160.00
eBook Price: R90.00
Endorsements
Klawerjan is 'n boeiende, spannende en pragtige verhaal. Ek kon die boek skaars neersit toe ek begin en was meegvoer in Maryne die hoofkarakter se leefwêreld. Carina se skryf vernuf en vermoë om die verhaal te vertel is uitstekend. Ek sal die boek beslis aanbeveel.
– Maryke Smulders
Ek het pas KLAWERJAN klaar gelees. Die storie het my geboei van begin tot einde. Ek kon beswaarlik die boek neersit. Dit het my vasgenael gehou, spannend en teen die einde my 'n traan laat pik. Dit was voorwaar lekker leesstof - puik, puik, puik! Ek is baie opgewonde oor skrywer Carina Erasmus en kan nie wag om nog 'n boek uit haar pen te lees nie.
– Annemarie Janse Van Rensburg
Carina se Klawerjan het my verstom. Die ontwikkeling van haar storielyn, karakter uitbeelding en die skep van ruimtelikheid is uitstekend. Om van haar woord vaardigheid nie eers te praat nie. Sy gebruik vars woorde en voeg twee saam om 'n nuwe woord te skep. Die opbouende spanningslyn laat jou angs beleef. Ek het gehuil oor die laaste paar bladsye. Dis so mooi.
– Ds. Christo Woite
Order Now