Onder die oppervlak
ONDER DIE OPPERVLAK:
Odette le Roux se lewe wil maar nie vlot verloop nie. Sy het geglo dat die hel van ’n huis waar haar pa en sy drank hulle regeer het, die ergste is. Dit was egter net die begin. Met haar terugkeer na Oesterdal word die een geheim na die ander ontbloot. Jaloesie en agterdog loop hoog in Oesterdal. Iemand is nie wie hulle voorgee om te wees nie. Maar selfs tussen agterdogtige kyke en harde woorde, steek die liefde sy kop uit. Of doen dit?
Ou gesigte maak hul opwagting. Die onvermydelike dood klop aan haar deur en sy wonder telkens oor die mense om haar se ware intensies.
Tot een nag van angs en vrees...
More info →Engela
Die skrywer stel ons voor aan karakters wat groter is en meer beleef as die hier en nou. Hy vleg temas uit folklore, legendes en sprokies en dikwels uit die Bybel vernuftig in die konstruksie van sy verhale in en bring dit tot diepsinnige en verrassende ontknopings. Die eg menslike stories grens dikwels aan die bonatuurlike en feëtjieverhale met ‘n ryk simboliek. Hy trek jou tot binne-in die stories met haarfyn beskrywings van die situasies en atmosfeer.
More info →Die ontwerper se dogter
Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.
Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.
Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaamheid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.
Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevrete houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.
Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!
More info →Die geur van lemoene
Slegs deur epos onderhandeling, kry sy ’n pos as veearts by Dr. Emile Venter se praktyk volgens ‘haar ervaring met perde en haar nagraadse navorsing by Onderstepoort’. Sy vind eers later uit hy is ’n selferkende vrouehater. Hy haal gereeld sy frustrasies op haar uit want hy is verplig om saam met ‘n vrou te werk. Danila bly tandeknersend beskaafd, vrien-delik en hulpvaardig maar sal sy kan volhou?
Kan sy ook haar mislukte huwelik, erge spanning en haar vrese hier beveg?
Die ander personeel is ondersteunend, al die ‘pasiënte’ aanvaar haar sonder voorbehoud en Danila begin weer vryelik asemhaal. Sal hulle te midde van vele onderonsies, misverstande en moedswilligheid van Emile se kant nogtans die praktyk aan die gang hou?
En wat van die vrees wat kort-kort kop uitsteek? Is sy veilig in Suid-Afrika?
More info →Gister is vandag se gewete
Sy voorneme om net terug te sit en homself te verlustig aan die skoonheid van die natuur en elke dag op sy eie pas aan te pak, word gou kort geknip toe hy die wilde perd opsaal om ’n boek oor die dorp se geskiedenis en mense te skryf. Hy bekom ontstellende inligting oor twee babas wat in die naburige hospitaal omgeruil was. Die tragiese gebeure knaag aan hom en hy delf dieper.
Kevin ontmoet Harry met die moeilike persoonlikheid vir wie almal katvoet loop. Waarom is hy so beskermend teenoor sy broer George wat homself van ander afsonder en net wil boer?
Linda blameer alles wat met haar gebeur op Kevin – waar hy ook al is, beland sy in die moeilikheid.
Hunter, Kevin se seun trek by hom in en pas gemaklik in op die dorp. Hy help Kevin in sy soektog na die waarheid oor die omgeruilde babas. Wat hulle ontdek sou hulle nooit eens kon droom nie.
More info →Sirkelgang van skuld
Op agtjarige ouderdom dwaal Lisa ontredderd in die strate van ʼn groot stad rond. Haar gedagtes ʼn warboel, maar al wat sy verseker weet, is dat sy nooit, ooit weer teruggaan na die woonstel op die derde vloer in ‘n krotwoonbuurt wat sy huis genoem het nie.
Hoekom sou sy? Haar ma is feitlik voor haar oë dood – haar pa, ʼn volslae alkoholis.
Uiteindelik beland sy in die liefdevolle pleegsorg van oom Sarel en tant Kotie. Sy slaag matriek en kwalifiseer as onderwyseres.
Sy trou met Kobus, wat ʼn onmisbare anker in haar lewe word. Hulle gee pad uit die stad met sy verstikkende rook, mensemassa en pynlike herinneringe. Op Seemansrus, ʼn klein vissersdorpie, bou Lisa ʼn nuwe lewe waar sy haar donker verlede vergoed uit haar geheue probeer ban.
Maar toe gebeur die ondenkbare. Sy ontmoet oom Adriaan en kom van aangesig tot aangesig met ʼn werklikheid wat jare lank vir haar verborge gehou is.
More info →Sewentig maal sewe
In die vragwa, waar sy saam met vyf ander meisies opgesluit is, worstel sy met ’n warboel gedagtes. Toe kom die skokonthulling: Die polisieondersoek het uitgewys dat haar pa wel betrokke was by die mensehandelsindikaat.
“Al hoe julle weer hierdie vertrouensbreuk kan herstel, is om diegene wat dit aan julle gedoen het, te vergewe.” Maar Sunet worstel met woede in haar lyf. Hoe vergewe ’n mens ’n pa wat nie skroom om onskuldige meisies vir die wolwe te gooi nie. Hoeveel keer moet ’n mens vergewe?
More info →Eers toe hy smile toe sien ek hom
Die verhaal speel af in ‘n tyd wanneer MIV so deel geword het van die samelewing, dat mense wat nie direk daarmee in aanraking is nie amper kan glo dat die stryd daarteen afgeneem het. Sy dra ‘n diep donker geheim saam met haar op hierdie tydstip van haar lewe, iets waarop sy nie gereken het nie – ‘n diep vernedering en verraad. Sy beleef haar eie krisis deur die oë van haar kollegas, gehawende pasiënte en die sukkelende organisasie waarvoor sy werk. Ten einde haar eie nederlaag te erken, onthou en beleef sy al die jare se ondervindinge in hierdie plek wat vir haar soos ‘n tweede tuiste geword het. Waar dit alles gaan opeindig verskrik haar en skud al haar netjies uiteengesette waardes en geloof, en wys vir haar die gesig van voor-oordeel uit ‘n ander hoek.
Saam met haar geliefde medewerkers beleef en versorg hulle elke lewe wat oor hulle pad gebring word en strompel hulle saam deur die armoede. Die bande wat sy met hierdie mense gesmee het oor die jare en met haar eie familie, word getroef en sy weet nie of hulle fondasies sterk genoeg is om hierdie storm te deurleef nie. Sy weet nie of sy sterk genoeg is om hierdie mense te vertel van haar skande nie. Die een mens wat sy met haar lewe vertrou het, het haar in die rug gesteek en gedink hy het daarmee weggekom. Sy kan dit skaars self glo. Of kan sy?
More info →Nemesis
Soos Nemesis, die Griekse godin van vergelding, help sy elkeen van hierdie vroue om op te staan en terug te veg, te neem wat hulle toekom. En die mans kry wat húlle toekom. Die verhaal ontwikkel rondom elke vrou se vergelding vir wat haar aangedoen is. Soms vereis goeie uitkomste selfs vennootskappe met slegte mense.
Chris het ‘n geheim. Sy is verantwoordelik vir die dood van haar eks, Thomas. Sy móét Andreas, haar vennoot en die man wat haar help heel het, vertel, maar vrees dat sy hom sal verloor.
Wie is die geheimsinnige James Sinclair en Omar Lebus? Is een van hulle ‘n voortvlugtige pedofiel? En waar pas die Kaapse mafiabaas Denys Alekseev en sy wulpse Katya in die prentjie? Wie is die Rooikop en wie is pastore Áncora de Salvació en Cornelio? Die leser moet kophou om die ineengevlegte intriges en ontknopings te volg.
Die ondertoon is by tye ernstig, verlig deur ligter oomblikke en onverwagte wendings.
Die poppe dans behoorlik in Nemesis!
More info →Massamoord
“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?
Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo. Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?
More info →Bloedspoor
Nou woonagtig in ’n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. Sy is onvergenoeg met die meer alledaagse nuusberigte waarheen haar redakteur haar stuur. Sy dreig dat sy sal bedank na ’n onderonsie met hom. Eensklaps word Irma by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel ’n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde.
Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees. Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is?
Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop?
Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?
BLOEDSPOOR voldoen aan alles wat ʼn mens verwag van ʼn moordverhaal; goeie spanningslyn, intriges wat die leser aan die raai hou en ʼn ontknoping wat heeltemal verras.
More info →Steppie lyk soos heuningwas
Die groot vloed was God se straf. Sy vlug weg van die skim op ’n swart perd. Saam met haar is die ding waaroor kadawerasem grynslag – ’n satanpes.
Al wat Steppie voor vra is vergifnis en om weer op haar heuwel te sit. Dalk aanskou sy ’n wonderwerk?
Sal dít haar finale oorwinning wees of moet sy verder boet vir haar sonde?
Daar is orals wonderwerke – jy moet net dieper kyk.
More info →By omdraai verby
Die versoeking om 'n dobbelkaartjie te koop, 'n karaoke-aand, die moeilike besluit van 'n dominee en mense wat in ‘glashuise’ woon. Wanneer 'n kwaai hond dreig, moet jy voete met vlerke hê en die liedjie Ou Ryperd kan laer stresvlakke tot gevolg hê. Om jou pa se luukse motor te leen, die ongewone fondsinsameling van skoolkinders, die bekoring van ’n kind vir 'n Morris Minor-motor en die liefde van 'n ouer vrou vir 'n jonger man. 'n Pendoring wat pla op wittebrood, en die betekenis van die kruis op die kruin vir 'n hawelose, - dit alles en nog meer saamgevat in hierdie DEBUUTBUNDEL KORTVERHALE VAN MARIE VAN WYK.
More info →Klawerjan
Vir die befaamde konsertpianis, Maryne Bronn, was die bekoorlike wêreld van sonates, overtures en simfonieë welbekend. Kruispad ook. Maar oorlog, nié. Tot daardie onstuimige aand toe 'n wildvreemde man haar drumpel betree, met die tyding van haar man se dood.
Daarna dryf die verraad uit haar binnekring haar tot ’n randfiguur. Van die radar af. Tot aan die voet van die skurwekoppe. Vasberade om agter die kap van haar man se dubbellewe en raaiseldood te kom, omseil sy haar menssku gasheer en betrek die gulhartige plaasvoorman by haar speurtog.
Maar vir die vreemde onderstrominge wat haar sou inwag in die donker voue van die skurwekoppe en tussen die koue klipmure van die huis op die rand van die vallei, kon sy haar beswaarlik voorberei. Nog minder vir die skokontdekking wat haar in die middernagtelike ure deur ’n dal van doodskaduwee sou dwing. Haar teisteraar op haar hakke.
Maar die waarheid ook. Want in die aangesig van onreg sal die waarheid altyd staan. Stil … En geduldig.
More info →DIE LEWE – ‘n reis
Brenda, haar hond, Harper en die menige ander diere wat sy red en versorg.
Soos Brenda is, so is haar reisverhale: vol emosie, meevoering, beskrywing en kleur. Dis amper soos die Nederlandse woord "empassionele" – sy voer die leser saam na wêrelde en plekke waar jy smag om te wees en selfs na plekke waar jy miskien al was, maar dit nie uit haar oë gesien het nie. Maar ek moet ook bieg: ek sou nie daardie plekke só kon beleef sonder haar nie.
Brenda beskryf haar ervaring met die liefde en passie sonder om dit vulgêr of goedkoop te maak, maar eerder 'n half onskuldige, of naïewe ervaring daarvan, soos 'n blom wat in die oggend oopvou, sonder om te weet hoe die wêreld gaan wees.
Lees hierdie boek - DIe lewe - 'n reis - ervaar haar wêreld.
More info →Ontfrommel
Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.
More info →LUCINDA – my lewe as Mia May
Vir die hoeveelste keer wonder sy wie sy regtig is, waar sy vandaan kom. Ans, haar pa se vrou, herinner haar nog al die jare dat sy net ʼn optelkind is. As sy haar pa daaroor uitvra, is sy antwoord altyd dieselfde: “Jy is my dogter en dit is al wat van belang is, vergeet van die res.”
Maar die res is ’n raaisel wat uiteindelik ontrafel word. Stelselmatig ontdek Mia dat sy eintlik Lucinda is. Sy ontdek haar eie familie wat haar verwerp het en nou weer toenadering soek. En uiteindelik, ontdek sy sukses en liefde.
More info →Craven
Met tyd kom hy vinnig agter dat sy pa inderdaad 'n skobbejak en skurk is. Nadat hy skool verlaat vir die weermag, bevind hy hom in 'n eenheid wat vir Nasionale Intelligensie werk. As gevolg van sy voorkoms beland hy in die Midde-Ooste waar hy allerhande duister dinge vir sy en ander regerings doen.
Sy avonture haal hom uiteindelik in. Sy drome is gevul met bloed en dood. Selfs nadat hy die NI-span verlaat het, werk hy vir sy pa as “enforcer”. Steeds spook die verlede. 'n Konfrontasie met sy broer dwing hom om op die vlug te slaan, maar hy bevind hom weer in sy pa se kloue. Dit bring hom terug na sy grootste konflik ooit: pa teen seun.
More info →Klonte sout
Ewald se vrou beswyk aan komplikasies na ’n motorongeluk en laat hom en hul baba agter. Wedersydse ondersteuning tussen Orna en Ewald laat die vonke spat. Ewald se niemand-sal-weet-nie word almal-gaan-weet toe Orna aangekla word van moord. Die spanning is ondraaglik en veroorsaak wantroue teen mekaar, veral met verdoemende bewyse op hande. Verskuilde geheime word ontbloot en nie een van die partye weet of hulle die klonte sout kan verteer nie.
More info →Wakanda, my liefste
Sy kan ook baat daarby, maar sy steek viervoet vas, veral as die inmengerige Jayden iets daarmee te doen gaan hê.
Perde is nie eintlik haar passie nie, maar sy bly nie vir lank onaangeraak nie. Inteendeel ...
Beelde en drome maak dit duidelik dat daar ’n vreemde verbintenis tussen Anneri en Jayden is. Gaan die raaisel ooit opgeklaar word?
Hierdie verhaal laat mens diep dink oor onverklaarbare verhoudinge. Ons is dikwels by persone betrokke waar die verhouding net nie wil vlot nie. Kan dit wees dat wedersydse vergifnis heling kan bring, selfs al kan ons nie werklik verstaan waaroor dit gaan nie?
More info →Nooit te laat nie
Mona, Essie, Lilly en Glenda is vier vriendinne wat teen die einde van hulle herfstyd tot die besef gekom het dat die uurglas uitloop; dat geleentheid vir nuwe belewenisse skraps raak.
Gelukkig het hulle besluit dat dit nooit te laat is nie. Min het hulle geweet dat die avonture waarvoor hulle hulself gaan oopstel, lewensveranderend gaan wees.
More info →Swanevlug
Jong meisies verdwyn, sogenaamd aangeneem deur oorsese ouers. Intussen geniet hoë amptenare die ‘genot’ van meisies wat blootgestel word aan hulle drange.
Swanevlug is die verhaal van Helga wat uit hierdie lot moet ontvlug deur ’n slinkse plan te beraam om vir Jaap aan die pen te laat ry. Gaan haar plan slaag en waar pas Hugo du Randt in?
More info →Tinka se reis na Parys
Sy ontmoet talle karakters wat sorg vir baie humor en drama. Haar lewe word ‘n tuimelrit van ervarings en sy beleef Parys in al sy fasette. Sy ontmoet ‘n aantreklike man wat haar wêreld op sy kop keer. Dan is daar ook nog ‘n misterieuse skilder. Die onskuldige Tinka word betrek by ‘n web van leuens en misverstande. Haar reis na Parys lewer baie meer op as waarop sy voorbereid was. Sal sy hierdie keer ware liefde vind en sal sy die gewaagde item op haar kluitklaplysie kan bewerkstellig?
More info →Die ooreenkoms
“Maar wat as die waarheid uitkom, wat maak ons dan?” vra sy parmantig met een hand in die sy.
“Laat ons daaroor besluit as dit wel daarby kom. Sal jy dit vir my doen, juffrou, net nog ʼn klein rukkie?”
“Nou goed dan,” sug sy. “Ek sal saam met jou hierdie speletjie speel, maar belowe my, sodra alles afgehandel is dat jy ten minste vir jou familie hiervan sal vertel.”
“Natuurlik.” Hy stap verlig nader. Hy tel haar hand op en druk ʼn soen daarop. “Dankie, juffrou,” sê hy dankbaar en draai om.
“O, en Meneer ... Rick?”
“Juffrou?”
“Die ooreenkoms is steeds dat ek ʼn vakansie in Dubai kry?”
Hy kyk stip na haar. “Natuurlik, juffrou, natuurlik, dit was tog ons ooreenkoms!” Hy stap glimlaggend by haar kantoor uit.
ʼn Geheim bly maar ʼn gevaarlike ding om veilig te hou. Veral as ʼn kamma-verlowing ter sprake is. In die kantoor in een van Pretoria se wolkekrabbers gaan ʼn besigheidsman en sy persoonlike assistent ʼn ooreenkoms aan wat heelwat trane, maar ook uiteindelike vreugde en geluk sal bring.
More info →Karma
Maar noudat Prins Armand toevallig in Karma opgedaag het, het haar positiewe lewensuitkyk drasties verander.
Marcel, haar vriend vanaf kinderdae, se oneindige liefde vir haar het gemaak dat die smaak van die lewe se soet eintlik bitter word.
Jofré en Leanor vrees vir die definisie van wonder. Wie sal vrede in die woestynland bring?
Sal die pyn verdof as die prins die blom van die woestyn laat gaan? Is die oase se fonteinwater sterk genoeg om Cinta te help definieer wie sy werklik is?
More info →Mossievlug
Wanneer ken ʼn mens iemand werklik en hoe ver sal jy gaan om jou liefde te beskerm?
Soms het selfs ʼn mossie geen ander uitweg nie as om te vlug.
'n Onverwagse en verrassende ontknoping is beslis gewaarborg.
More info →Verlore verlede
'n Jong meisie en 'n soldaat word in 'n oorlogsituasie saamgegooi.
Die onsinnigheid van standverskille wat families uitmekaar ruk.
En iewers tussen-in, 'n klein dogtertjie met bolwangetjies:
“Mamma, waar is my pappa dan?”
Tulpe vir Talina
In sy geestesoog gee sy hand die teken. Sy verkenningspan neem vinnig en geruisloos, net betyds, dekking. Die naderende voetstappe en luidrugtige stemme in die bosstilte, breek ook nou deur sy gedagtes. Dit was ongeveer dertig man. Hulle wapens was sigbaar deur die bosse. Die luidrugtige gelag en gesels het verklap dat hulle beslis nie ’n aanval, nog minder ’n verkenningspan, verwag nie.
More info →Die Griesels van Poespasvlei (Deel 2)
'n Cherry met berry red lippe laat 'n hart baby tjoklits klop. Die nuwe intrekker moet kies tussen tradisie en op sy knieë gaan. Die Griesels van Poespasvlei laat hulle nie onder kry nie – danksy tonne aksie; hartseer, seëninge en dankbaarheid.Frik oorleef alles – van ’n skokstok tot ’n prostraat ondersoek!En Tillie bid in haar eie tuin van Getsémané ...
More info →Die Griesels van Poespasvlei (Deel 1)
Die tweeling sukkel met die eenmaaltafel, Fanny is vreemd omdat sy van die begraafplaas kom en Kees kom van onder die pienk lakens, die dat hy skeeftrek. Neef Fanie Flopgekom dra ook by as car guard. Al wat hy nog kort is ’n cherry, maar hy het darem ’n video. Doorsie het ’n geheime tatoe waarmee sy almal op hul tone hou en haar lewensmaat, Letitia, ken van WWE stoei. Ma-Popsie tel die sterre en stop onderbroeke, al het sy ’n slap nek. Daar is net een hond soos Blackie, die enigste swarte in Poespasvlei.
Tillie wil uit die stof opstaan. Sy kort net ’n naaimasjien en ’n showstopper. Haar baai-en-sel verkoop die beste smoke chickens.
Daar is ook die erns; die baksteen wat binne jou lê, gebreekte mense met hulle eie pyn.
Hoe kom jy weer bo-uit as jy net stof om jou sien?
Martjie se Ingelsman
'n Stryd ontstaan tussen Boer en Ingelsman. Wie sal dan die fraaie Martjie se hand en liefde wen?
Soms moet 'n mens 'n drastiese stap neem om te kry wat jou hart na smag.
Die verhaal van Martjie en haar Ingelsman is 'n verhaal vol intrige.
Wraak se angel
Die vlugtog het egter ’n bloedspoor agtergelaat. ’n Man wat sy seun se dood wil wreek, is op Chris Rossouw se spoor. Maar Chris is skoonveld.
Hierdie novelle handel oor wraak aangevuur deur haat – geregverdig of nie.
Maar wraak kan soms ’n angel hê ...
More info →Susanini
Uiteindelike verlossing bevry haar van die seer in haar lyf en siel.
’n Dogtertjie se intieme omgewing word uitmekaargeskeur deur die dood. ’n Monster neem sy intrek in die stil, donker nag. ’n Verhaal vol pyn, maar ook hoop.
’n Dogtertjie se intieme omgewing word uitmekaargeskeur deur die dood. ’n Monster neem sy intrek in die nag.
Daar is die seer in haar lyf en siel.
’n verhaal vol pyn; ook hoop, maar die verlossing kom op ʼn vreemde manier.
More info →Sondebok swartskaap
Liena Kleingeld se verlange na die waarheid bring haar terug na die wit kind met die blonde kuif. Maar wraak bring tragedie en ʼn jong vrou se liefde vir haar man word tot die uiterste beproef. Elkeen het sy eie geheime – sommige is swart en ander s’n sonde.
Daar was een engel wat gereeld geruisloos verby gevlieg het. Altyd met ʼn sonneblom in die een hand en ʼn swaard in die ander hand. Een ding is verseker: jy lieg en bedrieg nie vir die engel nie. Jou woord moet jou eer wees.
Ongelukkig was dit die probleem met die sondebokke en die swartskape – nie almal van hulle se woord was hul eer nie.
Vir die wat goed was, was daar altyd ʼn goudgeel sonneblom. Vir die wat nie so goed was nie, was daar die swaard.
More info →Petronella, koningin van die Karoo
Maar duskant lê die berg voor Petronella, kind van Kietie, uitgestrek − ʼn spekvet lyf bedek met kriebos en die bitteraalwyn. Hier lê spore van verlange, hoop en geheime – heiligheid in sy binneste.
En tussenin is die grensdraad tussen haat en verbitterheid, die eenvoud van liefde en ʼn jongmeisie se fantasiebeelde.
Almal wonder wat Selma Loots bloots ry en of Braam deel is van haar beproewing. Almal gis wie se kind is Petronella, maar vir háár is Janneman se terugkoms die oplossing van alles.
More info →Koster
Hoe hy steeds oor sy skouer moet kyk, sonder enige rede, want Koster verlede lê twintig jaar terug begrawe en lankal vergete. Die enigste een wat onthou, is hy wat daarmee saamleef. Sal sy verlede op die doeke kom? Wanneer hierdie gevoel hom klem en smoor word hy angstig en dit voel of sy horison al hoe nader sluip. ʼn Beklemming binne ʼn bedwangbaadjie met ʼn leer stang in jou mond waarop jy byt tot jou tandvleis bloei.
Juis nóú wanneer sy lewe weer normaal voel, daag ʼn vrou by sy deur op om hom uit sy gemaksone te slinger. Waarna is sy opsoek?
Soms is dit jou gewete wat jou gevange hou en ander kere is dit mense.
ʼn Spinnekop het spintepeltjies wat sydraadjies afskei om hul prooi te vang; spin toe die prooi, versmoor tot ʼn leë dop. Spinnekopmense het kettings, slotte, boeie en pille waarmee hulle jou manipuleer tot jy ʼn leë dop is.
ʼn Afvlerk duif kan nie vlieg nie.
More info →Verydelde drome
Haar frustrasie vererger toe haar hart op galop gaan vir ʼn aantreklike man. Toe sy egter haar eie besluite begin neem, stort haar wêreld ineen.
Sy keer terug na die dorp van haar jeug. Sy maak vrede met die lewe en wil ʼn nuwe bladsy oorslaan, maar haar verlede haal haar in toe sy verloof raak aan Dirk de Lange.
More info →Lewensloop
Die Swanepoels is ’n hegte gesin, elk met sy eie persoonlikheid. Die lewe neem sy loop, die paaie skei, maar die naelstringe bly verbind, al slyp dit dun. Almal sien uit na ʼn welverdiende vakansie op die plaas, tussen kinderherinneringe. Maar dan tref tragedie en ʼn geraamte kom te voorskyn ...
More info →Eenswaan
Gedurende die naweek, word onderdrukte gevoelens weer aangewakker deur ’n man uit haar verlede. Sy twyfel oor haar verlowing en voor sy ’n besluit kon neem, gebeur die onafwendbare.
Sy moet kies tussen getrouheid of haar eie geluk. ’n Vakansie na Rooiboshoek mag dalk net die antwoord bied.
More info →Die oord
Haar droom om ’n eksklusiewe gesondheidsoord te begin, word bewaarheid en baie gewild.
Maar met twee moorde en geld wat verdwyn, is dinge alles behalwe rustig by Die Oord.
Wie is die gedaantes wat saans by Die Oord rondsluip?
Wat is die vreemde erfgenaam se agenda en waar pas die aantreklike Wesley in die prentjie?
More info →Schönland
Sy verloor perspektief, maar soos sy groot word besef sy dat Brett MacPherson haar eerste liefde is en altyd sal bly. ‘n Onverklaarbare liefde, want net sodra sy dink hy sal by haar bly dan verdwyn hy weer berge toe en los haar alleen. Sy voer ‘n innerlike stryd met haarself elke keer as hy verdwyn, maar die verbintenis tussen hulle twee is te sterk. Sy ontdek spoedig dat sy ‘n geheim met haar saam dra. Intussen sterf Cindy se pa en oom Lance kom help haar met Schönland. Alex du Randt, die sjarmante vriend van skool tyd af, help haar met haar geheim. Ongelukkig ontwikkel hy ‘n obsessie met haar en verloor beheer. Brett is die enigste een wat daarin slaag om vernuwing in Cindy se lewe te bring. Sy lewe word egter bemoeilik wanneer Alex hom uitoorlê. Brett vlug weer berge toe om genesing te gaan soek en los vir Cindy alleen op sy plaas. Cindy se hart word donker. Sal sy vir Brett weer in haar lewe toelaat of nie? Haar verlossing sal kom van die een wat haar liewer het as Brett Macpherson, en dit is haar pa.
More info →Vaal ver pad
Om egter met ’n donkiekar deur die Tankwa-Karoo te reis, kan nogal ’n uitdagende ervaring wees.
Vir Jafet en Sarah is dit nie net ’n reis huis toe op die stowwerige, vaal pad deur die droë Karoo nie, maar ook ’n lewens- en sielereis na ’n onseker toekoms.
Die seer van die lewe het Groenvlei in hulle afwesigheid in oorvloed getref. Jafet en sy vrou Sarah is die uitkoms op gebede om vertrapte liefde te herstel. Maar Groenvlei? Sal die plaas ooit weer herstel?
More info →










































