ONTFROMMEL: Luitenant Danny Sadler inisieer ‘n artikel in die koerant, geskryf deur die bekende joernalis, Zena Swart.
Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.
Genres: Aksie, Hoog aanbeveling, Resensie, Roman, Spanningsverhaal, Speurverhaal, Stergradering: GOUD, Top aanbeveling
Tags: Drama en intriges, Hoog aanbeveel, Resensie, Spanningsverhaal, Speurverhaal, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns. Skrywerhuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband | eBoek | Mobi
Length: 486 bladsye
Rating:
List Price: R230.00
eBook Price: R160.00
Elsabé was al ʼn plaas- en stadsjapie en het primitiewe dae in Mosambiek geken, maar in die vreedsame Karoo het sy nes geskrop en kan na hartelus skryf en skilder. Klonte Sout is haar vierde roman. Elsabé se werk word geken aan ʼn gemaklike en boeiende skryfstyl wat verskeie genre’s suksesvol vasvang in een roman.