Bemeester veroudering!

Bemeester veroudering!

R320.00eBook: R320.00

Met verwysing na historiese insigte en 'n wye verwysingsraamwerk, ondersoek dit die ontwikkeling van hedendaagse opvattings oor veroudering; die sosiologiese, sielkundige en fisiologiese prosesse van veroudering; ouderdomsverwante diskriminasie; finansiële aspekte van veroudering; die oënskynlike teenstrydigheid dat daar sowel welvaart as toenemende armoede in die verouderende bevolking is; onvanpaste seksuele uitdrukking by bejaardes; die idee van die Derde Leeftyd; en die strewe om die lewensduur van die mens te verleng. 'n Deeglike literatuuroorsig, die skrywer se persoonlike ervaring as ouer persoon en as mediese dokter wat oor vyf dekades strek, en die skrywer se kennis van etiek het bygedra tot hierdie toeganklike en insiggewende teks wat op 'n wye gehoor gemik is: enersyds gesondheidswerkers, versorgers, terapeute, etici en elke persoon wat ouer persone, professioneel en privaat, bystaan; andersyds elkeen wat worstel met die mees fundamentele bestaanskrisis, tewete veroudering. En dit is elkeen van ons.

More info →
Die waarheid lê in niemandsland

Die waarheid lê in niemandsland

R170.00eBook: R170.00

Terwyl die oorlog voortwoed, stel die Britse offisiere Lords Roberts en Kitchener, die verskroeideaardebeleid en konsentrasiekampe in. Malie en haar familie beleef dié verskrikking persoonlik.

Boonop teister die Engelse offisier op sy swewende perd Malie en haar geliefdes soos die onafwendbare noodlot. Die kwelvraag is: het die vloek wat sy uitgespreek het, omgeswaai en volg dit haar en haar nageslag vergeldend? Waar lê die waarheid?

Die verhaal is gegrond op ware vertellings van Maria Magdalena Johanna Grobler wat in 1952 op haar verjaarsdag vyftig jaar na die sluiting van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 op oudioband opgeneem is.

More info →
Want klippe lieg

Want klippe lieg

R180.00eBook: R180.00

Want Klippe lieg is ’n prettige bundel kortverhale wat op ’n tong-in-die-kies manier die doen en late vertel van die Schoemans van Wilgerkloof. Die stories sal jou laat lag, jou laat huil en sal jou laat wonder of alles die waarheid is. Op die minste sal die stories vasgevang word vir eendag as niemand meer daar is om die stories te vertel nie. Maak maar tyd om Want klippe lieg te lees, want as jy eers begin, kan jy nie die boek neersit nie.

More info →
God se bobbejaan

God se bobbejaan

R320.00eBook: R320.00

Die eerste is met ’n vermanende vinger en ’n streng gesig wat sê: “Praat die waarheid, my kind, want God het die waarheid lief.” Die tweede is met ’n swaar sug en ’n vraag die onbekende in: “Ja, ou wêreld, wat is jou waarde? ’n Kissie van plank ses voet onder die aarde.” Dit het hom intens bewus gemaak van hierdie konsepte. Is dit dan waar dat God ook die waarheid, dat die wêreld waardeloos is, lief het?

Sy vriend Josias het ander idees gehad, hom tot ander insigte probeer bring, maar Hannes het in sy naïwiteit vasgeskop: “Ja! Dan is ek God se bobbejaan. Laat ek dan bobbejaan wees wat nie verstaan nie en nie weet nie. Maar ek glo wat ek beleef het.”

Met kundigheid weef die skrywer, Johannes, ’n gesprek met homself deur die twee karakters te skep – Jo en Hannes.

More info →
Die Here woon ook in ons vallei

Die Here woon ook in ons vallei

R200.00eBook: R200.00

‘n Groot deel van die getuienisse van wonderwerke kom uit die Watervalsriviervallei tussen Lydenburg en Burgersfort. Vandaar die titel, Die Here woon ook in ons vallei. Elke sessie wat hy geskryf het, is deur gebed voorafgegaan om die leiding van die Heilige Gees te kry vir wat geskryf moet word.

Die doel van die boek is om die geloof van gelowiges te versterk en om diegene wat nog nie hulle lewe aan Jesus gewy het nie, aan te moedig om dit te doen. Dit is ook ‘n bevestiging dat die die Gees van God tussen ons woon en vandag nog wonderwerke doen. Ons moet net oop wees om dit raak te sien.

UITTREKSEL VOORWOORD

Die Here is almagtig en alomteenwoordig. Dit beteken dat Hy gelyktydig oral teenwoordig is, oor die hele wêreld en in die heelal. Sy Gees woon in die harte van dié wat Hom aangeneem het.

Hy woon en werk dus ook in die Watervalsriviervallei, waar ons woon en waar ons al soveel van sy wonderwerke gesien en van gehoor het. Hier lei, behoed en bewaar Hy ons nog steeds soos in die Bybelse tyd. Ons beleef God só in ons vallei en daar buite, in terme van verhoring van gebede en wonderwerke wat plaasvind, dat ek geruime tyd al gedring gevoel het deur die Heilige Gees om hierdie boek die lig te laat sien.

Dit was Maandagaand 21 Maart 2011. Ek het ’n lys van getuienisse opgestel en besluit om by die kerk, ons Manne Bybelstudiegroep en ons selgroep te vra vir inligting wat in die boek opgeneem kan word.

Die doel van hierdie boek is om te getuig van die wonderdade van God, om Hom te prys en sy Naam groot te maak. Dit is bedoel om dié wat reeds glo, se geloof te versterk en die wat nie glo nie, te oorreed om Jesus Christus as hulle Saligmaker aan te neem. Daardeur sal die koninkryk van God uitgebrei word.

Prys die Here, die God van Abraham, Izak en Jakob, wat ook my persoonlike Verlosser en Saligmaker is.

More info →
Paddaboudjies en kalasjnikofs

Paddaboudjies en kalasjnikofs

R130.00eBook: R130.00

Die verhaal is hoofsaaklik gebaseer op ware gebeure, maar is inderwaarheid ʼn vermenging van feite en fiksie. Daar is ʼn Learjet met ʼn beeldskone vroulike medevlieënier, ʼn helikopter, Russe en Kalasjnikofs. Die skrywer kla die omkopery en korrupsie aan wat onder sy aandag gekom het tydens sy werk as vertaler en tolk. Die leser kan avontuur, aksietonele verwag en daar word so ʼn bietjie gekafoefel ook ...

Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.

Die vae grense tussen werklikheid en fantasie word verbloem deur die hallusinasies wat die skrywer ervaar as gevolg van malariamedikasie. Dit laat die leser wonder wat het rêrig gebeur – wat is aangedik of moontlik versin?

Die skryfstyl is nuut en vars, met ʼn goeie dosis humor en woordspeling en sal vir seker die leser wat meer verlang as ʼn alledaagse vaal verhaal, se verbeelding aangryp en meer as genoeglik laat.

More info →
Bloedspoor

Bloedspoor

R185.00eBook: R185.00

Nou woonagtig in ’n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. Sy is onvergenoeg met die meer alledaagse nuusberigte waarheen haar redakteur haar stuur. Sy dreig dat sy sal bedank na ’n onderonsie met hom. Eensklaps word Irma by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel ’n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde.

Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees. Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is?

Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop?

Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?

BLOEDSPOOR voldoen aan alles wat ʼn mens verwag van ʼn moordverhaal; goeie spanningslyn, intriges wat die leser aan die raai hou en ʼn ontknoping wat heeltemal verras.

More info →
Die duiwel is in die detail

Die duiwel is in die detail

R250.00eBook: R250.00

Tydskrifte was tog te gewillig om haar destydse lewensverhaal op te slurp vir sensasie.

Sy is die joernalis, verlief op ’n reeksmoordenaar wat deel was van die Krugersdorp-moorde. Hoe is dit moontlik dat ’n pragtige, getroude jong vrou verlief raak op ’n man wat die gruwelikste moorde gepleeg het? Hoe is dit moontlik dat ’n reeksmoordenaar, met bloed aan sy hande, ’n vrou ’n roos kan gee en haar met trots op sy hande dra? Le Roux Steyn – wie is hy regtig en hoe het hierdie liefdesverhaal gebeur?

Wat is die waarheid en wat is onwaar? Was dit regtig liefde of was dit ’n geleentheid vir iets groter? Wat is die storie agter die storie; die verhouding, ondersoeke en die skuldiges?

Marizka Coetzer het by ’n doodloopstraat gekom. Dit was tyd om terug te draai en ’n nuwe pad te kies, maar nie sonder afsluiting nie en nie sonder om haar eie stem te laat hoor nie. Hiérdie is haar storie in haar eie stem.

     DIE DUIWEL IS IN DIE DETAIL:  ‘n Selfmoord poging laat mens groot skrik; wakker skrik ... en ontnugter. Dit is op daardie oomblik wat mens besef hoe kwesbaar en hoe kort die lewe is.

Maar al my dade – elke liewe daad – het ongelukkig die steenkool en stoker voorsien vir my eie persoonlike runaway train en hierdie een het nie remme nie.

Die verhouding met my gewese moordenaar-kêrel en die etiket as ’n moordenaar se meisie is een van die eerste labels wat moes weg. Hierdie etiket was in die verlede in ‘n negatiewe konteks op my geplak en so gelaat.

Maar ek is meer as dit en ek verdien ook meer as dit, en hy ook. Ek is meer as ‘n moordenaar se meisie. En hy is meer as ‘n moordenaar as ‘n lover. En as julle weet wat ek weet sou julle dadelik julle gordels vasmaak en vasklou, want hierdie storie is wilder as ‘n western film op sy beste.

More info →
By omdraai verby

By omdraai verby

R150.00eBook: R110.00

Die versoeking om 'n dobbelkaartjie te koop, 'n karaoke-aand, die moeilike besluit van 'n dominee en mense wat in ‘glashuise’ woon. Wanneer 'n kwaai hond dreig, moet jy voete met vlerke hê en die liedjie Ou Ryperd kan laer stresvlakke tot gevolg hê. Om jou pa se luukse motor te leen, die ongewone fondsinsameling van skoolkinders, die bekoring van ’n kind vir 'n Morris Minor-motor en die liefde van 'n ouer vrou vir 'n jonger man. 'n Pendoring wat pla op wittebrood, en die betekenis van die kruis op die kruin vir 'n hawelose, - dit alles en nog meer saamgevat in hierdie DEBUUTBUNDEL KORTVERHALE VAN MARIE VAN WYK.

More info →
Die kerk krisis

Die kerk krisis

R130.00eBook: R70.00

Hoe lyk die Nuwe Testament se model van die kerk en het ons oor tyd weggedryf van die ware kerk af? Wie is ons as gelowiges en wat is ons taak binne die kerkverband?

Waarom is profesie belangrik vir ons as gelowiges? Wie is Melgisedek, en waarom moet ons let op sy verhaal?

Hierdie vrae word beantwoord terwyl skrywer ontleed hoe hedendaagse gelowiges in die groter prent pas, waar die mens van koers af gegaan het, en hoe ons kan terugkeer na die waarheid en wil van God.

DIE KERK KRISIS vra vrae waarop so baie Christene antwoorde op soek.

More info →
‘n Blom uit Pole

‘n Blom uit Pole

R220.00eBook: R120.00

Czeslawa. Die uitdrukking op die gesig van hierdie Poolse meisie op drie foto’s sê alles wat verkeerd is in ʼn wêreld waar wreedaards toegelaat is om te heers. Net soos blomknoppies, is baie kinders se ontluikende jeug koelbloedig in Auschwitz vertrap lank voordat hulle in hul menswees tot wasdom kon blom.

Czeslawa. Net veertien jaar oud, maar reeds vasgevang en wreed blootgestel aan die barbaarsheid van die oorlog en die sadisme in die Nazi konsentrasiekamp.

Czeslawa. Al wat oorgebly het, is drie foto’s wat in die doodskamp van haar geneem is.

Die verhaal van hierdie eens vrolike, vrye dogtertjie is met groot respek en uiterste eerbied geskryf om hulde te bring aan haar en die miljoene ander kinders wat aan die hand van die Duitsers gesterf het.

More info →
Ontfrommel

Ontfrommel

R230.00eBook: R160.00

Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.

More info →
Fluitjieblaser of doofstomme

Fluitjieblaser of doofstomme

R230.00eBook: R230.00

Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.

“Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?

Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman

VOORWOORD

Hierdie is 'n boek, 'n grepie uit my lewe wat my as man net vir die beter verander het. Dis 'n geskiedenisboek, 'n terugblik op wat was (2007-2011). Tog 'n stukkie seer wat inspireer tot beter. 'n Getuienis van wat moontlik is as jy oorgee en in Yahweh se genade gaan skuiling vind.

Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek weet dat ek meer as agt jaar aan die geveg gewy het. Dit was tuff, maar dit het my lewenservaring gegee wat geen universiteit kon bied nie.

Vir die wat ons te na gekom het, ek het julle vergewe. Ek hoop dat ander dit ook sal regkry. My wens vir julle is dat julle eendag julle harte sal versag en besef dat daardie inkomstes baie hartseer veroorsaak het en dat baie mense gebreek was deur julle dade.

TITEL - Fluitjieblaser of doofstomme. Dit titel is vanselfsprekend - moet mens die fluitjie blaas of moet mens eerder jouself doofhou?

Kobus Hoffman (Publieke figuur) - Facebook: https://www.facebook.com/HoffmanKobus

KYK OOK HIER: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/

More info →
Inanna

Inanna

R140.00eBook: R100.00

Maar dan vind hy die ring aan die duif se poot en sy lewe verander. Sy smart oor sy ma se dood word gedeelde smart met sy duif as swyende toehoorder en trooster. Nuwe vriende – en vyande – verseker dat hierdie ’n wenverhaal is wat gelees móét word.

Dit is vol intriges en spanning wat die jeug geniet. Die skryfstyl is gemaklik en die verhaal verloop glad met interessante karakters en wendings.

More info →
Die stilte in my skree

Die stilte in my skree

R145.00eBook: R75.00

Die boodskap van vergifnis, opstaan, aangaan en laat gaan word deurgetrek in al die

gedigte en stories.

“Op reis in dig” wat die eerste tema in die boek is, is simbolies deel van meeste van die inhoud en wat ek glo elke leser se persoonlike reis in die lewe sal ligter maak en verryk.

Die stilte skree in my is ’n diverse versameling van gedigte en kort stories wat verskillende emosies en lewenservaringe kreatief uitbeeld.

More info →
Liefde is ‘n kwadrupleeg

Liefde is ‘n kwadrupleeg

R160.00eBook: R120.00

Die Psalms, Spreuke en Hooglied het ek oorgeslaan, want dit is gedigte op sigself. Dan het ek gekyk na die profete van Jesaja af tot by Maleagi en hoe baie van hulle profesieë vir ons dag en tyd ook nog ʼn boodskap kan hê.

Dit is almal geestelike gedigte. Ek het begin by die skepping en daarna geraak aan die wettisisme van die Ou Testament.

Die tyd tussen die Ou en Nuwe Testament wat ook die ballingskap insluit, het ek aangeraak en toe by die Nuwe Testament gekom van die geboorte van Christus af tot by sy dood en opstanding. Daarna het ek gedagtes probeer stimuleer oor hoe sy volgelinge nou veronderstel is om te lewe om sy boodskap uit te dra.

Die Haikoe aan die einde is maar ʼn voëlvlug oor die bundel en ek hou nogal daarvan om hulle te skryf, want dis een manier om baie met min woorde te sê.

More info →
Spieëlbuis

Spieëlbuis

$190.00

Dit is ’n versameling gedigte en prosa wat mense insig kan bied oor die toestand en hoe dit manifesteer.

Spieëlbuis is afgelei van die woord kaleidoskoop, die toestel wat gedurende 1816 deur die Skotse wetenskaplike David Brewster (1781-1868) ontwerp is. Die naam van die toestel is saamgestel uit drie Griekse woorde: kálos: mooi, eidos: beeld en skopein: sien.
Drie spieëls word gerangskik as ’n driehoekige prisma, wat reflekteer op die kernsektor van ’n buis. Die hoekopstelling van die spieëls veroorsaak die vermenigvuldiging van beelde van die voorwerpe tussen die deurskynende glas. Minder of meer spieëls in die binnekantste buis verander die visuele beelde van die kaleidoskoop.
Met hierdie publikasie lig die skrywer die elemente van haar eie interne en eksterne realiteite uit en plaas dit binne ’n sigbuis van woorde, wat geskommel en gereflekteerd terugbons na die intro- en retrospektiewe kyker. Die nou-keurige opstel van gewaarwordinge teenoor mekaar, as die “sigspieëls” van tydlose spirituele elemente, geskakeer deur die tydelike, kontemporêre wêreld, word ’n kleurvolle en komplekse sosiale werklikheid.

 

More info →