Louis Rautenbach is die outeur van verskeie boeke waarvan sommige ook in Engels beskikbaar is. Hy woon aan die Oos Kaapse kusdorp Jeffreysbaai waar hy sy artistiese vermoëns uitleef. Hy is ook deeltyds betrokke by geestelike werk, berading en begeleiding.

‘n Blom uit Pole

‘n Blom uit Pole

R220.00eBook: R120.00

Czeslawa. Die uitdrukking op die gesig van hierdie Poolse meisie op drie foto’s sê alles wat verkeerd is in ʼn wêreld waar wreedaards toegelaat is om te heers. Net soos blomknoppies, is baie kinders se ontluikende jeug koelbloedig in Auschwitz vertrap lank voordat hulle in hul menswees tot wasdom kon blom.

Czeslawa. Net veertien jaar oud, maar reeds vasgevang en wreed blootgestel aan die barbaarsheid van die oorlog en die sadisme in die Nazi konsentrasiekamp.

Czeslawa. Al wat oorgebly het, is drie foto’s wat in die doodskamp van haar geneem is.

Die verhaal van hierdie eens vrolike, vrye dogtertjie is met groot respek en uiterste eerbied geskryf om hulde te bring aan haar en die miljoene ander kinders wat aan die hand van die Duitsers gesterf het.

More info →