‘n Blom uit Pole

ʼn Blom uit Pole: Wat sou sy dink? Hoe het sy gevoel? Het sy geweet dat alles tevergeefs was? Was daar hoop om eendag weer, miskien gou, die geleentheid te hê om in die lente tussen die rooi papawers in die veld naby haar dorpie te gaan speel?

Czeslawa. Die uitdrukking op die gesig van hierdie Poolse meisie op drie foto’s sê alles wat verkeerd is in ʼn wêreld waar wreedaards toegelaat is om te heers. Net soos blomknoppies, is baie kinders se ontluikende jeug koelbloedig in Auschwitz vertrap lank voordat hulle in hul menswees tot wasdom kon blom.

Czeslawa. Net veertien jaar oud, maar reeds vasgevang en wreed blootgestel aan die barbaarsheid van die oorlog en die sadisme in die Nazi konsentrasiekamp.

Czeslawa. Al wat oorgebly het, is drie foto’s wat in die doodskamp van haar geneem is.

Die verhaal van hierdie eens vrolike, vrye dogtertjie is met groot respek en uiterste eerbied geskryf om hulde te bring aan haar en die miljoene ander kinders wat aan die hand van die Duitsers gesterf het.

Order Now!
About the Book

Blom uit Pole is ‘n buitengewone verhaal en uitstekend geskryf deur Louis Rautenbach.

Die skrywer neem die leser op ‘n ware verhaal wat met fiksie aangevul is om die drome en vrese van duisende jong kinders uit te lig.

Hierdie verhaal is verfrissend anders omdat dit fyn geweef word met geskiedkundige feite, terwyl dit ‘n onuitwisbare indruk maak. Die skrywer beeld met agting en deernis die verhaal van die veertienjarige Poolse meisie Czeslawa Kwoka en haar moeder Katarzyna, uit. Hulle woon in die Poolse dorpie Wolka Zlojecka. Dié twee het ‘n besonderse hegte band. Wanneer golfspoelende gerugte van die oorlog hulle bereik, besef Katarzyna in watter groot gevaar hulle verkeer.

Czeslawa is maar net ‘n sorgvrye dogter met mooi drome. Met die gevangeneming van hierdie jong meisie word sy blootgestel aan barbaarse wreedheid en sadisme van die Nazi Uitwissingskamp. Al herinnering wat daar is van haar, is drie foto’s. Deur hierdie foto’s word sy die simbool van die verskrikking waardeur kinders vermoor is.

Rautenbach onthul die afskuwelikheid van die oorlog. Net soos ‘n blomknoppie het Czeslawa se ontluikende en sorgvrye lewe begin en wat koelbloedig, in haar eie land Pole, aan die hand van wreedaards afgepluk is voordat haar vrouwees tot wasdom kon kom.

Die wreedhede wat die Nazi’s op onskuldige mense toegepas het, is hartverskeurend. Rautenbach bied die leser ʼn in diepte ervaring van die emosionele, maar ook oor die waarheid van hierdie onbesonne tydperk. Ek het Louis se skryfstyl indrukwekkend en boeiend gevind.

Beslis ʼn interessante en treffer boek wat sonder twyfel, en sonder om te oordrewe, bydra tot die wêreld se geskiedenis.

Annalize Hills, Lesersindruk

Details
Author:
Genres: Geskiedkundig, Nie-fiksie, Resensie, Ster-gradering: PRIMA GOUD, Top aanbeveling
Tags: Hoog aanbeveel, Nie-fiksie, Resensie, Stergradering: Prima Goud
Publisher: Ns.Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband | ePub | Mobi
Length: Volledige manuskrip
Rating:

List Price: R220.00
eBook Price: R120.00
Endorsements
DIE GEKNEUSDE POPPIE UIT POLE Die pragtige tienermeisie, Czeslawa Kwoka, ʼn duidelik vreesbevange kind wat graag net wou lewe, maar deur die Nazi’s vermoor is. Dit is die beeld wat by die skrywer, Louis Rautenbach Snr, spook en gelei het tot hierdie interessante boek. Dit handel nie net oor Czeslawa nie, maar oor die geskiedenis van die oorlog, die toeloop en die nagevolge. Czeslawa het waarskynlik vir maande lank met die vrees in haar meisiehart geloop, dalk met die hoop dat vrede en vryheid sou kom en dat sy weer in die lente in die veld naby haar dorpie tussen die rooi papawers sou kon dans. Dalk het sy gewens dat sy weer jongmeisiedrome kon droom. Dat sy weer tuis kon wees. Al sou dit dalk sonder haar geliefde moeder moes wees. Czeslawa het die gesig geword het van die kinders wat in Auschwitz en elders in Europa gedurende die oorlog vermoor is. Haar gesig straal verskeie emosies uit, insluitend verwarring en hartseer terwyl haar kakebeen van die spanning saamgepers is. Al hierdie emosies is in een enkele foto vasgevang. Czeslawa is die blom uit Pole. Hierdie treffende boek, 'n Blom uit Pole, gevul met soveel gemengde emosies, is ʼn openbaring van ʼn era waarin ons ons nie weer wil bevind nie. Louis skryf met kundigheid en deeglikheid, dra kennis oor wat die leser interesseer en fassineer. Met goeie vernuf word die lewe van Czeslawa deur al die gebeure geweef en is die slot ʼn ode aan elke onskuldige kind wat gesterf het in hierdie gruwelike oorlog. UITTREKSEL: Die dae gaan intussen verby, en die lente breek weer aan. Die rooi papawers lyk deesdae anders, so asof hulle blomknoppe aan die groen stingels effens hang. Dalk voel hulle ook nog hartseer, net soos sy. Sy pluk nogtans vir haar ma ’n arm vol van die geliefkoosde blomme. Hulle tyd gaan altyd so gou verby.
Order Now
About the Author
Louis Rautenbach

Louis Rautenbach is die outeur van verskeie boeke waarvan sommige ook in Engels beskikbaar is. Hy woon aan die Oos Kaapse kusdorp Jeffreysbaai waar hy sy artistiese vermoëns uitleef. Hy is ook deeltyds betrokke by geestelike werk, berading en begeleiding.