As stilte praat

As stilte praat

R195.00eBook: R195.00

Daar is tans wêreldwyd ʼn herontdekking van die Christendom se kontemplatiewe en mistieke tradisie. As Stilte Praat, is die outobiografiese vertelling van ʼn gesprek – geestelike begeleiding – met ʼn Katolieke non. Dit dek ʼn belangrike en bepalende tydperk van 11 jaar in die skrywer se lewe, hy kom geestelik letterlik tot verhaal. Die gesprekke is merkwaardig, veelvlakkig, insiggewend en betekenisvol. Hy betree versigtig nuwe geestelike horisonne en gee ʼn vergesig op die verborge Christelike mistiek van geleidelike verdieping en rypwording. Die skrywer takel die harde werk van selfondersoek en oorpeinsing en delf algaande die uitnodiging na lewe sonder einde. Die Nederlanders praat van ʼn teks om “van stil te word”. As Stilte Praat spreek van deurleefde geestesaanskoue waar stilte, oorpeinsing en uitdagings sakramentele gereedskapsmiddele word vir dieper wese en wording. Kontemplasie gebeur inderdaad wanneer die stilte praat.

More info →
Bemeester veroudering!

Bemeester veroudering!

R320.00eBook: R320.00

Met verwysing na historiese insigte en 'n wye verwysingsraamwerk, ondersoek dit die ontwikkeling van hedendaagse opvattings oor veroudering; die sosiologiese, sielkundige en fisiologiese prosesse van veroudering; ouderdomsverwante diskriminasie; finansiële aspekte van veroudering; die oënskynlike teenstrydigheid dat daar sowel welvaart as toenemende armoede in die verouderende bevolking is; onvanpaste seksuele uitdrukking by bejaardes; die idee van die Derde Leeftyd; en die strewe om die lewensduur van die mens te verleng. 'n Deeglike literatuuroorsig, die skrywer se persoonlike ervaring as ouer persoon en as mediese dokter wat oor vyf dekades strek, en die skrywer se kennis van etiek het bygedra tot hierdie toeganklike en insiggewende teks wat op 'n wye gehoor gemik is: enersyds gesondheidswerkers, versorgers, terapeute, etici en elke persoon wat ouer persone, professioneel en privaat, bystaan; andersyds elkeen wat worstel met die mees fundamentele bestaanskrisis, tewete veroudering. En dit is elkeen van ons.

More info →
Die waarheid lê in niemandsland

Die waarheid lê in niemandsland

R170.00eBook: R170.00

Terwyl die oorlog voortwoed, stel die Britse offisiere Lords Roberts en Kitchener, die verskroeideaardebeleid en konsentrasiekampe in. Malie en haar familie beleef dié verskrikking persoonlik.

Boonop teister die Engelse offisier op sy swewende perd Malie en haar geliefdes soos die onafwendbare noodlot. Die kwelvraag is: het die vloek wat sy uitgespreek het, omgeswaai en volg dit haar en haar nageslag vergeldend? Waar lê die waarheid?

Die verhaal is gegrond op ware vertellings van Maria Magdalena Johanna Grobler wat in 1952 op haar verjaarsdag vyftig jaar na die sluiting van die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 op oudioband opgeneem is.

More info →
X – die Kain simbool

X – die Kain simbool

R140.00eBook: R140.00

Wie is Apollo, en wat is sy verbintenis met gebeure in die laaste dae?

Indien ons uit 'n geloofsperspektief die eindtyd beter wil verstaan, maak dit sin om oorspronklike rebellie te bestudeer en 'n patroon vas te stel, soos die bose agenda van die vyand ontbloot word.

Deur ondersoek in te stel en die leidrade te volg, word dit duidelik waarom moderne simboliek en doelwitte die antieke weg van verwoesting volg; van dieselfde monumente tot 'n spesifieke fokus op die Nuwe Orde van die mensdom, en selfs die planeet Mars.

So word die gelowige gewaarsku teen spesifieke kenmerke, en kan ons die misleidende taktiek van die vyand herken.

More info →
Ek mis my kind

Ek mis my kind

R100.00eBook: R100.00

Vir Stanley Cierenberg is dit ’n besondere eer om sy broer, Elroy, se biografie te verwoord. Elroy is 52 jaar oud, van skooltyd af die voorbeeldige een; onderhoofseun en kaptein van die Cravenweek-rugbyspan.

Hy het die rang van kaptein in die SAPS beklee en daarna sy eie sekuriteitsbesigheid begin.  Elroy is lief vir die aarde, boerdery, diere en vir sy familie.  Sy dogters is sy hele lewe. Die oudste twee is reeds volwasse.

Tans is hy in die gevangenis met ’n 10-jaar vonnis. Stanley het dit sy taak gemaak om hierdie boek te skryf oor sy broer se uitdagings wat hy elke dag in die gesig moet staar. Een van die grootste uitdagings is die verlange na sy jongste dogtertjie wat, na aanvanklike gereelde kuiers, stadig uit sy lewe verdwyn het.

Die boek gevat ook sketse deur sy dogtertjie geteken en hierdie sketse speel ’n  belangrike rol in die ontwikkeling van die verhaal – dit word deel van ’n eensame mens.

Cierenberg gebruik beelde, drome en denkbeeldige dialoog om die rou emosies tot realiteit te bring.

Mens besef skielik die belangrik besoeke vir hierdie gevangenisse is, hoe belangrik dit is om steeds deel van hulle eie vlees en bloed te wees, al is hulle oortreders van die wet. Maak nie saak waar jy jou bevind nie, jou siel en omgee, naasteliefde en familiebande bly steeds deel van jou – dalk meer as ooit.

Ek mis my kind bestaan uit ongeveer 40 bladsye, maar as inleidingsboek tot ’n opvolgreeks, is hierdie beslis ’n aptytwekker. Boweal is dit ’n versamelstuk wat in kleur gedruk is en vorm deel van die toekomstige reeks.

More info →
Die Here woon ook in ons vallei

Die Here woon ook in ons vallei

R200.00eBook: R200.00

‘n Groot deel van die getuienisse van wonderwerke kom uit die Watervalsriviervallei tussen Lydenburg en Burgersfort. Vandaar die titel, Die Here woon ook in ons vallei. Elke sessie wat hy geskryf het, is deur gebed voorafgegaan om die leiding van die Heilige Gees te kry vir wat geskryf moet word.

Die doel van die boek is om die geloof van gelowiges te versterk en om diegene wat nog nie hulle lewe aan Jesus gewy het nie, aan te moedig om dit te doen. Dit is ook ‘n bevestiging dat die die Gees van God tussen ons woon en vandag nog wonderwerke doen. Ons moet net oop wees om dit raak te sien.

UITTREKSEL VOORWOORD

Die Here is almagtig en alomteenwoordig. Dit beteken dat Hy gelyktydig oral teenwoordig is, oor die hele wêreld en in die heelal. Sy Gees woon in die harte van dié wat Hom aangeneem het.

Hy woon en werk dus ook in die Watervalsriviervallei, waar ons woon en waar ons al soveel van sy wonderwerke gesien en van gehoor het. Hier lei, behoed en bewaar Hy ons nog steeds soos in die Bybelse tyd. Ons beleef God só in ons vallei en daar buite, in terme van verhoring van gebede en wonderwerke wat plaasvind, dat ek geruime tyd al gedring gevoel het deur die Heilige Gees om hierdie boek die lig te laat sien.

Dit was Maandagaand 21 Maart 2011. Ek het ’n lys van getuienisse opgestel en besluit om by die kerk, ons Manne Bybelstudiegroep en ons selgroep te vra vir inligting wat in die boek opgeneem kan word.

Die doel van hierdie boek is om te getuig van die wonderdade van God, om Hom te prys en sy Naam groot te maak. Dit is bedoel om dié wat reeds glo, se geloof te versterk en die wat nie glo nie, te oorreed om Jesus Christus as hulle Saligmaker aan te neem. Daardeur sal die koninkryk van God uitgebrei word.

Prys die Here, die God van Abraham, Izak en Jakob, wat ook my persoonlike Verlosser en Saligmaker is.

More info →
Paddaboudjies en kalasjnikofs

Paddaboudjies en kalasjnikofs

R130.00eBook: R130.00

Die verhaal is hoofsaaklik gebaseer op ware gebeure, maar is inderwaarheid ʼn vermenging van feite en fiksie. Daar is ʼn Learjet met ʼn beeldskone vroulike medevlieënier, ʼn helikopter, Russe en Kalasjnikofs. Die skrywer kla die omkopery en korrupsie aan wat onder sy aandag gekom het tydens sy werk as vertaler en tolk. Die leser kan avontuur, aksietonele verwag en daar word so ʼn bietjie gekafoefel ook ...

Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.

Die vae grense tussen werklikheid en fantasie word verbloem deur die hallusinasies wat die skrywer ervaar as gevolg van malariamedikasie. Dit laat die leser wonder wat het rêrig gebeur – wat is aangedik of moontlik versin?

Die skryfstyl is nuut en vars, met ʼn goeie dosis humor en woordspeling en sal vir seker die leser wat meer verlang as ʼn alledaagse vaal verhaal, se verbeelding aangryp en meer as genoeglik laat.

More info →
VAN NÊRENS NA ÊRENS

VAN NÊRENS NA ÊRENS

R180.00eBook: R180.00

Haar ouers was trekboere wat skaap aangejaag het van staning tot uitspanplek, van weiding tot weiveld – altydmaar waar daar water is. Hoewel hulle bestaan moeilik was en van God se genadehand afhanklik, is die gesin relatief gelukkig en haar en Boetie se verhouding met Gert, hul aangenome Khoi-San broer, is kosbaar.

Kabous se verhouding met liewe Jesus is dié van intense belewing, veral in haar nagtelike drome. Haar geloof in die hemelse Vader is roerend wanneer sy bid vir water, vir reën, dat die skaap mekaar nie moet doodtrap wanneer hulle die reuk van water kry nie ...

En dan haar belewing van die Kalahari-veld en -duine, haar liefde vir Ruby, haar perd wat sy al op die ouderdom van vier jaar bloots ry sodat die salpeter in wit skuimbolle op hom staan! Haar liefde vir Oupie, en vir Pa en Ma en Boetie – ten spyte van haar vurige humeur wat met tye die bloed laat loop.

Kiewiet is ʼn veldkind, kind vir die ooptes en die duine, kind wat baie vrae vra en selfs meer oor baie dinge dink. Lydia wil nie skool toe gaan nie; die inperking van haar vryheid is ʼn lot wat sy swaar aan dra. Toe sy standerd vyf voltooi, jok sy oor haar afskeidsbrief van die skoolhoof aan haar ouers en maak of sy dit verloor het. Sy het nie. Sy en Ruby het die brief self oopgemaak en gelees ... en sy het dit fyn verflenter en vir die wind gegee. En sy hét matriek voltooi.

Min van Lydia-Kabous-Kiewiet se drome het tot volkomenheid gekom; vandag nog worstel sy met gevoelens en emosies oor gebeure wat sy eers later, soort van, verstaan het. Haar verhaal is hartwringend, vol emosie, maar ook gesaai met humor en verrassings. Niemand sal die boek neersit sonder om nog lank agterna, deur Kabous se lewe aangeraak te wees nie.

More info →
Die duiwel is in die detail

Die duiwel is in die detail

R250.00eBook: R250.00

Tydskrifte was tog te gewillig om haar destydse lewensverhaal op te slurp vir sensasie.

Sy is die joernalis, verlief op ’n reeksmoordenaar wat deel was van die Krugersdorp-moorde. Hoe is dit moontlik dat ’n pragtige, getroude jong vrou verlief raak op ’n man wat die gruwelikste moorde gepleeg het? Hoe is dit moontlik dat ’n reeksmoordenaar, met bloed aan sy hande, ’n vrou ’n roos kan gee en haar met trots op sy hande dra? Le Roux Steyn – wie is hy regtig en hoe het hierdie liefdesverhaal gebeur?

Wat is die waarheid en wat is onwaar? Was dit regtig liefde of was dit ’n geleentheid vir iets groter? Wat is die storie agter die storie; die verhouding, ondersoeke en die skuldiges?

Marizka Coetzer het by ’n doodloopstraat gekom. Dit was tyd om terug te draai en ’n nuwe pad te kies, maar nie sonder afsluiting nie en nie sonder om haar eie stem te laat hoor nie. Hiérdie is haar storie in haar eie stem.

     DIE DUIWEL IS IN DIE DETAIL:  ‘n Selfmoord poging laat mens groot skrik; wakker skrik ... en ontnugter. Dit is op daardie oomblik wat mens besef hoe kwesbaar en hoe kort die lewe is.

Maar al my dade – elke liewe daad – het ongelukkig die steenkool en stoker voorsien vir my eie persoonlike runaway train en hierdie een het nie remme nie.

Die verhouding met my gewese moordenaar-kêrel en die etiket as ’n moordenaar se meisie is een van die eerste labels wat moes weg. Hierdie etiket was in die verlede in ‘n negatiewe konteks op my geplak en so gelaat.

Maar ek is meer as dit en ek verdien ook meer as dit, en hy ook. Ek is meer as ‘n moordenaar se meisie. En hy is meer as ‘n moordenaar as ‘n lover. En as julle weet wat ek weet sou julle dadelik julle gordels vasmaak en vasklou, want hierdie storie is wilder as ‘n western film op sy beste.

More info →
Canvas it – storie van hoop

Canvas it – storie van hoop

R70.00

Sy hoop was dat dit deur hulle sou bly voortbestaan en voortleef. Maar die grootste hoop wat hy gehad het, was dat sy dood 'n groter getuienis vir die Koninkryk sou beteken as sy lewe hier op aarde.

My hoop as sy ma is dat ek deur die skryf van my deel van die verhaal, 'n bydrae sal maak tot die vervulling van sy hoop vir die Koninkryk. My hoop is ook dat my verhaal mense se lewens sal verander tot voordeel van God se Koninkryk. My hoop is dat elkeen wat hom geken het en met hom besigheid gedoen het, bewus sal word van die feit dat daar ALTYD hoop is, wat ook al die omstandigheid. My hoop is dat mense hul denke so sal verander en dit ten volle sal rig op die enigste HOOP wat saak maak. My hoop is om mense weer teen hooploosheid in te laat hoop.

More info →
Wenpaal

Wenpaal

R120.00eBook: R120.00

Om daagliks daaraan blootgestel te word bied unieke uitdagings en lei tot angstigheid.

Ons dien egter ‘n Lewende God wat by ons is ten einde ons in alle omstandighede by te staan. Nêrens beloof Hy om negatiewe omstandighede weg te neem nie, maar Hy sal saam met ons die storms trotseer.

Hierdie boekie, Wenpaal, bestaande uit 52 stukkies, het ten doel om God sigbaar te maak in alledaagse omstandighede, situasies en voorwerpe.

More info →
Gideon

Gideon

R160.00eBook: R100.00

Gideon het eerstehands beleef hoe God in die onmoontlike spesialiseer. Dit is vandag steeds die geval en die verhaal van Gideon wil vir ons wys dat God nooit verander nie. Hy doen steeds wonders deur gewone mense te gebruik.

More info →
Die kerk krisis

Die kerk krisis

R130.00eBook: R70.00

Hoe lyk die Nuwe Testament se model van die kerk en het ons oor tyd weggedryf van die ware kerk af? Wie is ons as gelowiges en wat is ons taak binne die kerkverband?

Waarom is profesie belangrik vir ons as gelowiges? Wie is Melgisedek, en waarom moet ons let op sy verhaal?

Hierdie vrae word beantwoord terwyl skrywer ontleed hoe hedendaagse gelowiges in die groter prent pas, waar die mens van koers af gegaan het, en hoe ons kan terugkeer na die waarheid en wil van God.

DIE KERK KRISIS vra vrae waarop so baie Christene antwoorde op soek.

More info →
Paaie deur die Karoo en ander stories

Paaie deur die Karoo en ander stories

R180.00

Hy kleur die nie-fiksie verhale in met raak beskrywings van die natuur en bring eer aan die Skepper.

Die boek bevat ook fiktiewe verhale waarin die skrywer se passie vir mense en die natuur weerspieël word. In sommige van die verhale konsentreer hy op randfigure in die gemeenskap. Hy maak gebruik van beeldspraak en voer fiktiewe gesprekke met sy grootwordhuis wat in ʼn drankwinkel omskep is, ʼn verwaarloosde skooltjie en ʼn afgetakelde stoomlokomotief. In een van die verhale gebruik hy die name van karakters uit die tradisioneel Afrikaanse volksliedjies.

Van sy verhale beskryf die hartseer van fiktiewe karakters, maar dit word afgewissel met humoristiese vertellings.

More info →
‘n Blom uit Pole

‘n Blom uit Pole

R220.00eBook: R120.00

Czeslawa. Die uitdrukking op die gesig van hierdie Poolse meisie op drie foto’s sê alles wat verkeerd is in ʼn wêreld waar wreedaards toegelaat is om te heers. Net soos blomknoppies, is baie kinders se ontluikende jeug koelbloedig in Auschwitz vertrap lank voordat hulle in hul menswees tot wasdom kon blom.

Czeslawa. Net veertien jaar oud, maar reeds vasgevang en wreed blootgestel aan die barbaarsheid van die oorlog en die sadisme in die Nazi konsentrasiekamp.

Czeslawa. Al wat oorgebly het, is drie foto’s wat in die doodskamp van haar geneem is.

Die verhaal van hierdie eens vrolike, vrye dogtertjie is met groot respek en uiterste eerbied geskryf om hulde te bring aan haar en die miljoene ander kinders wat aan die hand van die Duitsers gesterf het.

More info →
My stukkende wynkan

My stukkende wynkan

R130.00eBook: R80.00

Ek het op my verlede gestagneer en na soveel jare bevind ek myself in ballingskap; verlate, seer en stukkend. Ek het die Here toegelaat om met Sy deursoekende oog die verrotte, stinkende self binne my aan die lig te bring - en innerlike herlewing het plaasgevind.

Vandag kan ek met lof getuig dat die glorie en die krag van God in my nietige menswees openbaar is terwyl my wynkan uitgegooi en stukkend geslaan is. Jeremia 48:11-12

Opgedra aan my pa: "Mavis my kind; jy moet nooit sonder die Here lewe nie."

More info →
Fluitjieblaser of doofstomme

Fluitjieblaser of doofstomme

R230.00eBook: R230.00

Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.

“Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?

Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman

VOORWOORD

Hierdie is 'n boek, 'n grepie uit my lewe wat my as man net vir die beter verander het. Dis 'n geskiedenisboek, 'n terugblik op wat was (2007-2011). Tog 'n stukkie seer wat inspireer tot beter. 'n Getuienis van wat moontlik is as jy oorgee en in Yahweh se genade gaan skuiling vind.

Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek weet dat ek meer as agt jaar aan die geveg gewy het. Dit was tuff, maar dit het my lewenservaring gegee wat geen universiteit kon bied nie.

Vir die wat ons te na gekom het, ek het julle vergewe. Ek hoop dat ander dit ook sal regkry. My wens vir julle is dat julle eendag julle harte sal versag en besef dat daardie inkomstes baie hartseer veroorsaak het en dat baie mense gebreek was deur julle dade.

TITEL - Fluitjieblaser of doofstomme. Dit titel is vanselfsprekend - moet mens die fluitjie blaas of moet mens eerder jouself doofhou?

Kobus Hoffman (Publieke figuur) - Facebook: https://www.facebook.com/HoffmanKobus

KYK OOK HIER: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/

More info →
Vrygespreek

Vrygespreek

R150.00eBook: R85.00

In teenstelling met baie dagstukkie bundels wat vandag op die mark beskikbaar is, is VRYGESPREEK ʼn poging om oordenkings met meer substansie te verskaf deur die Skrif – vers vir vers – deur te werk. Dit is nie bedoel om ʼn in-diepte Bybelstudie te wees nie, maar poog nietemin om agtergrond inligting en konteks te verskaf. Ten laaste is die gedagte egter om elke betrokke gedeelte ook toe te pas op die leser se omstandighede en ʼn boodskap vir elke dag daarin te vind. Die doel is om nie slegs inligting deur te gee nie, maar ook om so bietjie geestelike voedsel te verskaf wat die leser op sy of haar wandel met die Here kan gebruik. Die verwagting is dat dit die leser sal aanspoor om die Skrif meer in geheel te lees en te bestudeer, wat noodsaaklik is vir geestelike groei.

More info →
South Africa: A pilgrims guide to hope

South Africa: A pilgrims guide to hope

R185.00eBook: R110.00

Taking you on a journey to the truths of the Old and New Testaments, you will find a solid grounding and foundation for hope and faith in a righteous and faithful God that has never changed His ways through all the ages. This book restores hope for all South Africans searching for a new and better existence in a safe and crime-free South Africa by directing the reader towards God’s everlasting covenant with His people.

More info →
Jy Kan!

Jy Kan!

R250.00

Rhita Coetzee, ‘n tutor met meer as 20 jaar ondervinding in die aanbieding van lesings oor effektiewe studiemetodes lei studente en leerders om leesvermoë te verbeter en opsommings te maak. Sy gee ook wenke hoe om die studieproses en veral die eksamenmonster vreesloos aan te pak. Hierdie handleiding is ’n moet vir leerders en ander leergieriges.

JY KAN! meer effektief studeer.

More info →
Handleiding: Selfpublikasie en bemarking

Handleiding: Selfpublikasie en bemarking

eBook: R50.00

Dit verduidelik die verskeie verskillende aspekte van self-publikasie; vanaf die manuskrip, proeflees en teksversorging, die gevaar van kontrakte, die belangrikheid van 'n goeie omslag, kopiereg en hoe/waar om jou boek suksesvol te bemark.

Dit bied ook 'n diensverskafferslys wat handig is vir skrywers wat opsoek is na goeie diens en verskaffers soos grafiese ontwerper en 'n resensent.

Die boek word ook teen 'n spesiale prys aangebied om skrywers aan te moedig om die regte pad te volg na self-publikasie.

More info →
Gids vir die gelowige

Gids vir die gelowige

R150.00eBook: R60.00

Bybelse waarhede word ondersoek, en belangrike vrae word beantwoord, soos bv. Waarom is ons hier en wat is ons taak op aarde?

Geestelike oorlogvoering is 'n belangrike onderwerp waarvan meeste gelowiges hopeloos te min weet. Die boek bevat kennis en strategie wat die gelowige bedags kan toepas in sy daaglikse soeke na lig in die donker.

More info →
Van plaaskind tot plaasboer

Van plaaskind tot plaasboer

R155.00eBook: R95.00

Die verhale in hierdie boek vertel van 'n plaaskind wat deur etlike moeilike omstandighede en swaarkry, bo sy omstandighede uit-gestyg het. Dit hou 'n lewensles in dat daar altyd hoop is. Die pad van die Plaaskind na Plaasboer verg uithouvermoë en hy kom met alle dinge te kampe op sy pad, maar bereik uiteindelik sy doel, met goeie sowel as tragiese gevolge ...

Die boek is vol uitstekende humor, maar het ʼn ernstige hoop- en motiverings-boodskap.

More info →
Reis in God se wil

Reis in God se wil

R140.00eBook: R80.00

Dit maak jou bestaan op aarde sinvol. Dit kleur jou lewe in volgens God se wil. Dit beteken nie dat jy volmaak is nie, maar dat jy op pad is na volmaaktheid en na heiligheid in Jesus Christus.

Hierdie biografie is die ongelooflike reis van Mary waarin so baie gebeure aan haar geopenbaar was. Dit is ’n aangrypende belydenis van die Skepper se bestaan en wonderwerke, oor ware geloof en ’n ontdekkingsreis vol intriges en uitdagings.

UITTREKSEL:

Terwyl ek ʼn tiener was, het my ma my vertel dat ek op eenjarige ouderdom baie sieklik was. Sy het glo een aand die dood op my gesien en geruik. Sy en my daddy het die hele nag deur vir my gebid. Die oggend vroeg toe dr. Doeke sy spreekkamer oopsluit, het sy met my ingehardloop.

Toe die dokter my wou ondersoek, het hy na my mammie gedraai. “You brought me a corpse! She’s dead!” My ma het baie gehuil en aanmekaar gebid. Sy het vir die Here gevra: “Here, U kan tog nie nou my kind vat nie, asseblief, Here, gee haar lewend vir my terug.” Sy het nog gebid en die Indiese dokter het reeds met die doodsertifikaat in sy hand gestaan, toe hoor sy my huil.

“What’s happening now?” het die dokter gevra.

“I serve a living God. He touched her, she’s alive!” het sy geantwoord.

More info →