KOBUS BREYL  is ʼn 77-jarige pensioenaris. Gedurende sy beroepsloopbaan het hy in verskeie hoedanighede in die regsberoep gedien, onder andere, as staatsaanklaer, prokureur en waarnemende streeklanddros. Sy debuut boek Paaie deur die Karoo en ander stories is in Desember 2022 publiseer. Dit val natuurlik in ʼn ander genre. Kobus het gedurende sy loopbaan die land deur-kruis en woon tans saam met sy vrou, Magda, in Danabaai.

Waar bloed kruip is Kobus se eerste suksesvolle moord- en speurverhaal.

Waar bloed kruip

Waar bloed kruip

R220.00eBook: R220.00

Die moorde se modus operandi is bykans eners. Waarom hierdie moorde – wie en wat skuil daar agter?

Na meer as ʼn jaar van weinig vordering, ontvang kaptein Borman ʼn wenk per telefoon wat die koue saak ’n verrassende wending gee. Kan die moordenaar nóú vasgetrek word?

Waar bloed kruip is diggeweefde speurverhaal met hoogspanning en verrassende intriges  en ’n onvoorspelbare einde.

Die leser sal sukkel om Waar bloed kruip neer te sit!

More info →
Paaie deur die Karoo en ander stories

Paaie deur die Karoo en ander stories

R180.00

Hy kleur die nie-fiksie verhale in met raak beskrywings van die natuur en bring eer aan die Skepper.

Die boek bevat ook fiktiewe verhale waarin die skrywer se passie vir mense en die natuur weerspieël word. In sommige van die verhale konsentreer hy op randfigure in die gemeenskap. Hy maak gebruik van beeldspraak en voer fiktiewe gesprekke met sy grootwordhuis wat in ʼn drankwinkel omskep is, ʼn verwaarloosde skooltjie en ʼn afgetakelde stoomlokomotief. In een van die verhale gebruik hy die name van karakters uit die tradisioneel Afrikaanse volksliedjies.

Van sy verhale beskryf die hartseer van fiktiewe karakters, maar dit word afgewissel met humoristiese vertellings.

More info →