Paddaboudjies en kalasjnikofs
Die verhaal is hoofsaaklik gebaseer op ware gebeure, maar is inderwaarheid ʼn vermenging van feite en fiksie. Daar is ʼn Learjet met ʼn beeldskone vroulike medevlieënier, ʼn helikopter, Russe en Kalasjnikofs. Die skrywer kla die omkopery en korrupsie aan wat onder sy aandag gekom het tydens sy werk as vertaler en tolk. Die leser kan avontuur, aksietonele verwag en daar word so ʼn bietjie gekafoefel ook ...
Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.
Die vae grense tussen werklikheid en fantasie word verbloem deur die hallusinasies wat die skrywer ervaar as gevolg van malariamedikasie. Dit laat die leser wonder wat het rêrig gebeur – wat is aangedik of moontlik versin?
Die skryfstyl is nuut en vars, met ʼn goeie dosis humor en woordspeling en sal vir seker die leser wat meer verlang as ʼn alledaagse vaal verhaal, se verbeelding aangryp en meer as genoeglik laat.
More info →Bloedspoor
Nou woonagtig in ’n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. Sy is onvergenoeg met die meer alledaagse nuusberigte waarheen haar redakteur haar stuur. Sy dreig dat sy sal bedank na ’n onderonsie met hom. Eensklaps word Irma by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel ’n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde.
Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees. Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is?
Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop?
Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?
BLOEDSPOOR voldoen aan alles wat ʼn mens verwag van ʼn moordverhaal; goeie spanningslyn, intriges wat die leser aan die raai hou en ʼn ontknoping wat heeltemal verras.
More info →Ontfrommel
Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.
More info →LUCINDA – my lewe as Mia May
Vir die hoeveelste keer wonder sy wie sy regtig is, waar sy vandaan kom. Ans, haar pa se vrou, herinner haar nog al die jare dat sy net ʼn optelkind is. As sy haar pa daaroor uitvra, is sy antwoord altyd dieselfde: “Jy is my dogter en dit is al wat van belang is, vergeet van die res.”
Maar die res is ’n raaisel wat uiteindelik ontrafel word. Stelselmatig ontdek Mia dat sy eintlik Lucinda is. Sy ontdek haar eie familie wat haar verwerp het en nou weer toenadering soek. En uiteindelik, ontdek sy sukses en liefde.
More info →Fluitjieblaser of doofstomme
Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.
“Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?
Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman
VOORWOORD
Hierdie is 'n boek, 'n grepie uit my lewe wat my as man net vir die beter verander het. Dis 'n geskiedenisboek, 'n terugblik op wat was (2007-2011). Tog 'n stukkie seer wat inspireer tot beter. 'n Getuienis van wat moontlik is as jy oorgee en in Yahweh se genade gaan skuiling vind.
Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek weet dat ek meer as agt jaar aan die geveg gewy het. Dit was tuff, maar dit het my lewenservaring gegee wat geen universiteit kon bied nie.
Vir die wat ons te na gekom het, ek het julle vergewe. Ek hoop dat ander dit ook sal regkry. My wens vir julle is dat julle eendag julle harte sal versag en besef dat daardie inkomstes baie hartseer veroorsaak het en dat baie mense gebreek was deur julle dade.
TITEL - Fluitjieblaser of doofstomme. Dit titel is vanselfsprekend - moet mens die fluitjie blaas of moet mens eerder jouself doofhou?
Kobus Hoffman (Publieke figuur) - Facebook: https://www.facebook.com/HoffmanKobus
KYK OOK HIER: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/
More info →