Onder die oppervlak
ONDER DIE OPPERVLAK:
Odette le Roux se lewe wil maar nie vlot verloop nie. Sy het geglo dat die hel van ’n huis waar haar pa en sy drank hulle regeer het, die ergste is. Dit was egter net die begin. Met haar terugkeer na Oesterdal word die een geheim na die ander ontbloot. Jaloesie en agterdog loop hoog in Oesterdal. Iemand is nie wie hulle voorgee om te wees nie. Maar selfs tussen agterdogtige kyke en harde woorde, steek die liefde sy kop uit. Of doen dit?
Ou gesigte maak hul opwagting. Die onvermydelike dood klop aan haar deur en sy wonder telkens oor die mense om haar se ware intensies.
Tot een nag van angs en vrees...
More info →Die ontwerper se dogter
Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.
Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.
Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaamheid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.
Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevrete houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.
Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!
More info →Gister is vandag se gewete
Sy voorneme om net terug te sit en homself te verlustig aan die skoonheid van die natuur en elke dag op sy eie pas aan te pak, word gou kort geknip toe hy die wilde perd opsaal om ’n boek oor die dorp se geskiedenis en mense te skryf. Hy bekom ontstellende inligting oor twee babas wat in die naburige hospitaal omgeruil was. Die tragiese gebeure knaag aan hom en hy delf dieper.
Kevin ontmoet Harry met die moeilike persoonlikheid vir wie almal katvoet loop. Waarom is hy so beskermend teenoor sy broer George wat homself van ander afsonder en net wil boer?
Linda blameer alles wat met haar gebeur op Kevin – waar hy ook al is, beland sy in die moeilikheid.
Hunter, Kevin se seun trek by hom in en pas gemaklik in op die dorp. Hy help Kevin in sy soektog na die waarheid oor die omgeruilde babas. Wat hulle ontdek sou hulle nooit eens kon droom nie.
More info →Waar bloed kruip
Die moorde se modus operandi is bykans eners. Waarom hierdie moorde – wie en wat skuil daar agter?
Na meer as ʼn jaar van weinig vordering, ontvang kaptein Borman ʼn wenk per telefoon wat die koue saak ’n verrassende wending gee. Kan die moordenaar nóú vasgetrek word?
Waar bloed kruip is diggeweefde speurverhaal met hoogspanning en verrassende intriges en ’n onvoorspelbare einde.
Die leser sal sukkel om Waar bloed kruip neer te sit!
More info →My nommer is 4271
Hoe slim soos ons wetenskaplikes ook al is, kan hulle nie self die entstof suksesvol maak nie. En nou sit ons daarmee… óns het hierdie monsters gemaak. Dit is alles ons skuld.
Ek het vir ons land se mense veiligheid en sekuriteit belowe, maar die mag is meer obsessief oor die mutasie van die mensvreters.
Met dit, vat ek en my hond, Nash, die pad en word deel van ‘n rebellie.
Gaan ons betyds die oorlewendes kan red? Gaan Suid-Afrika weer ons veilige hawe wees? Of doen ons dit alles vir niks?
More info →Eers toe hy smile toe sien ek hom
Die verhaal speel af in ‘n tyd wanneer MIV so deel geword het van die samelewing, dat mense wat nie direk daarmee in aanraking is nie amper kan glo dat die stryd daarteen afgeneem het. Sy dra ‘n diep donker geheim saam met haar op hierdie tydstip van haar lewe, iets waarop sy nie gereken het nie – ‘n diep vernedering en verraad. Sy beleef haar eie krisis deur die oë van haar kollegas, gehawende pasiënte en die sukkelende organisasie waarvoor sy werk. Ten einde haar eie nederlaag te erken, onthou en beleef sy al die jare se ondervindinge in hierdie plek wat vir haar soos ‘n tweede tuiste geword het. Waar dit alles gaan opeindig verskrik haar en skud al haar netjies uiteengesette waardes en geloof, en wys vir haar die gesig van voor-oordeel uit ‘n ander hoek.
Saam met haar geliefde medewerkers beleef en versorg hulle elke lewe wat oor hulle pad gebring word en strompel hulle saam deur die armoede. Die bande wat sy met hierdie mense gesmee het oor die jare en met haar eie familie, word getroef en sy weet nie of hulle fondasies sterk genoeg is om hierdie storm te deurleef nie. Sy weet nie of sy sterk genoeg is om hierdie mense te vertel van haar skande nie. Die een mens wat sy met haar lewe vertrou het, het haar in die rug gesteek en gedink hy het daarmee weggekom. Sy kan dit skaars self glo. Of kan sy?
More info →Paddaboudjies en kalasjnikofs
Die verhaal is hoofsaaklik gebaseer op ware gebeure, maar is inderwaarheid ʼn vermenging van feite en fiksie. Daar is ʼn Learjet met ʼn beeldskone vroulike medevlieënier, ʼn helikopter, Russe en Kalasjnikofs. Die skrywer kla die omkopery en korrupsie aan wat onder sy aandag gekom het tydens sy werk as vertaler en tolk. Die leser kan avontuur, aksietonele verwag en daar word so ʼn bietjie gekafoefel ook ...
Die skrywer onthul ook ʼn paar besonderhede oor die politieke gebeure van die afgelope dekades en sê onomwonde wat hy dink van sekere mense wat dink hulle is baie belangrik. Hy beskryf die woelige agtergrond waarteen die gebeure hom afspeel in en om Mali se hoofstad Bamako.
Die vae grense tussen werklikheid en fantasie word verbloem deur die hallusinasies wat die skrywer ervaar as gevolg van malariamedikasie. Dit laat die leser wonder wat het rêrig gebeur – wat is aangedik of moontlik versin?
Die skryfstyl is nuut en vars, met ʼn goeie dosis humor en woordspeling en sal vir seker die leser wat meer verlang as ʼn alledaagse vaal verhaal, se verbeelding aangryp en meer as genoeglik laat.
More info →Bloedspoor
Nou woonagtig in ’n klein toeristedorp, Nelspruit, skryf sy vir die plaaslike koerant. Sy is onvergenoeg met die meer alledaagse nuusberigte waarheen haar redakteur haar stuur. Sy dreig dat sy sal bedank na ’n onderonsie met hom. Eensklaps word Irma by ʼn moord ingesleep. Die moordenaar betrek haar by elke daaropvolgende moord en speel ’n gevaarlike speletjie met haar en die polisie. Hoewel Irma alles in haar vermoë doen om die moordenaar te keer, is sy telkens te laat en raak dinge om haar vinnig donker. Terwyl die polisie haar onder beskerming sit, weet sy dat hulle haar wil blameer vir die moorde.
Ten einde haar eie onskuld te bewys, moet Irma nie net die polisie ontglip nie, maar ook die moordenaar wat haar fyn dophou. Hierdie keer weet sy dat sy nie net die sleutel tot alles is nie, maar ook dat sy die volgende slagoffer moet wees. Hoe lank sal dit neem voor sy besef wie die moordenaar is?
Gaan sy suksesvol wees om die volgende moord te stop?
Sal die polisie daarin slaag om die reeksmoordenaar vas te trek voordat dit te laat is?
BLOEDSPOOR voldoen aan alles wat ʼn mens verwag van ʼn moordverhaal; goeie spanningslyn, intriges wat die leser aan die raai hou en ʼn ontknoping wat heeltemal verras.
More info →Ontfrommel
Die ontvoeringsaak kry momentum. Zena en polisiemag lede beland in die mag van die bose Pete Scony en sy slagysters. Kaptein Jannes Jonker, Spesiale Taakmag soldaat, se hulp word ingeroep. Sy planne boemerang so erg dat hy hom in ʼn psigiatriese jas bevind. Uiteindelik kry die polisie die oorhand, maar steeds voel niemand veilig nie. Scony herinner die geregsdienaars voortdurend dat hy nie van hulle vergeet het nie. Die feit dat familiebetrekkinge ontdek word, laat Scony nie afsien van sy vergeldingsplanne nie. Scony ontsnap uit die gevangenis. Hel breek los.
More info →LUCINDA – my lewe as Mia May
Vir die hoeveelste keer wonder sy wie sy regtig is, waar sy vandaan kom. Ans, haar pa se vrou, herinner haar nog al die jare dat sy net ʼn optelkind is. As sy haar pa daaroor uitvra, is sy antwoord altyd dieselfde: “Jy is my dogter en dit is al wat van belang is, vergeet van die res.”
Maar die res is ’n raaisel wat uiteindelik ontrafel word. Stelselmatig ontdek Mia dat sy eintlik Lucinda is. Sy ontdek haar eie familie wat haar verwerp het en nou weer toenadering soek. En uiteindelik, ontdek sy sukses en liefde.
More info →Fluitjieblaser of doofstomme
Dit is hoekom mense bang is om korrupsie te onthul. Dit is nie ’n maklike pad wat jy kies nie.
“Wat maak ’n man as die party waaraan hy geglo het, hom teleurstel en hard onder sy jis skop?
Ek het gevoel my party het my gefaal in my poging om korrupsie oop te krap. Ek het voor die algemene verkiesing effe bitter geluister na toesprake teen korrupsie. Is daar dan klein korrupsie en groot korrupsie?” – Kobus Hoffman
VOORWOORD
Hierdie is 'n boek, 'n grepie uit my lewe wat my as man net vir die beter verander het. Dis 'n geskiedenisboek, 'n terugblik op wat was (2007-2011). Tog 'n stukkie seer wat inspireer tot beter. 'n Getuienis van wat moontlik is as jy oorgee en in Yahweh se genade gaan skuiling vind.
Ek weet nie wat voorlê nie, maar ek weet dat ek meer as agt jaar aan die geveg gewy het. Dit was tuff, maar dit het my lewenservaring gegee wat geen universiteit kon bied nie.
Vir die wat ons te na gekom het, ek het julle vergewe. Ek hoop dat ander dit ook sal regkry. My wens vir julle is dat julle eendag julle harte sal versag en besef dat daardie inkomstes baie hartseer veroorsaak het en dat baie mense gebreek was deur julle dade.
TITEL - Fluitjieblaser of doofstomme. Dit titel is vanselfsprekend - moet mens die fluitjie blaas of moet mens eerder jouself doofhou?
Kobus Hoffman (Publieke figuur) - Facebook: https://www.facebook.com/HoffmanKobus
KYK OOK HIER: https://nskrywershuis.co.za/advertensieblad/
More info →









