Na ʼn stilte van ʼn klompie jare word Retha van Schalkwyk opnuut deur die skryfgogga gebyt en lewer hier ʼn verskeidenheid kortverhale. Rype ervaring laat haar met buitengewone perspektief na alledaagse gebeurtenisse kyk. Met diepe insig draai sy ʼn situasie om en bring ʼn fiktiewe verhaal na die oppervlak. Deur pittige taalgebruik geniet sy dit om die lewe se verloop vas te pen tot ander se vreugde en leesgenot.
Die ontwerper se dogter
Professor Pienaar, ‘n aangetroude familielid en navorser, raak betrokke by hierdie ontwrigtende omstandighede.
Pinkie, die huishulp, probeer sin maak uit al die dinge rondom haar wat skielik nie meer sin maak nie.
Terwyl nuus omtrent die onbekende skoonheid bekend raak, raak die Steenkamp-familie bewus van mekaar. Terselfdertyd ontstaan ‘n waaksaamheid; daar mag nie tweedrag op Eendracht gesaai word nie. Hoe meer elkeen probeer sin maak uit Oda se besoek, hoe meer besef elkeen hulle word betrek by sake waarvan hulle nie kennis dra nie.
Algaande raak meer mense betrokke. Skepper van die welbekende mode-naam, Isabella du Preez, moet keer dat navorsing uit rotgevrete houers verstrengel raak by haar ontwerper-skeppings uit die boonste rakke.
Sal daar ooit ‘n einde kom aan hierdie geskarrel!
More info →Laataand koffie
Rype ervaring laat haar met buitengewone perspektief na alledaagse gebeurtenisse kyk. Met diepe insig draai sy ʼn situasie om en bring ʼn fiktiewe verhaal na die oppervlak. Deur pittige taalgebruik geniet sy dit om die lewe se verloop vas te pen tot ander se vreugde en leesgenot.
LAATAAND KOFFIE is 'n boek vir lesers wat goeie kortverhale waardeer.
Verkeerdom boodskappe, ’n opslagpampoen, ryp tamaties, granaatpitte wat lag, druiwekorrels en ’n grenadellablom wat die passiespel uitvoer. Pampoene wat hulself inryg aan ’n rank, wat gevoelens losmaak wat lei tot tintelings, oor verydelde hoop en die woudkoning se pa wat met das en baadjie skoolkar ry. Flentertjies uit LAATAAND KOFFIE, Retha van Schalkwyk se kortverhaalbundel. Ideaal vir wanneer tyd min is, maar die lus vir lees nie geblus kan word nie. Retha se besondere skryfstyl hou ’n mens op en wakker en neem jou deur ’n versameling kortverhale met uiteenlopende temas.
More info →